Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is alles en almal, in en om die dorp, in rep en roer as die jaarlikse Vleisfees op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Augustus 2016, plaasvind. Vanjaar, is dit reeds die 26ste fees en die hoofdoel van die fees is om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ’n hoogtepunt op die kalender. Tydens hierdie gesogte geleentheid sal besoekers die geleentheid hê om saam met familie en vriende aan al die feestelikhede deel te neem wat vanjaar op die spel is. Dit sluit onder andere top gehalte Afrikaanse…

Lees meer

As jy ’n Adam Tas aanhanger is kan jy gerus ’n nota in jou dagboek maak. Sy splinternuwe album, Patatas en Pyptabak sal in Oktober die winkelrakke tref. “Het besluit om al die oudword lyne en grys hare maar in te los en dit nie deur photoshoppie te druk nie. Jy sal my maar moet vat soos ek lyk.” het Adam vroeër op sy Facebook-blad geskryf. Adam Tas was ook deel van die Krone 3 konsert wat onlangs by Carnival City aangbied is. Klik hier om na van die hoogtepunte te kyk.

Lees meer

Riana Nel se splinternuwe album, Jy Sal Weet is skaars ’n paar weke oud en het reeds goue status bereik. Afrikaans is Groot het dié goeie nuus vroeër vandag op Twitter aangekondig. GROOT Nuus: Riana Nel bereik GOUE STATUS binne weke. Geluk met hierdie ongelooflike prestasie.Trots op Jou @ririnel pic.twitter.com/scgazoc2Ob — Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) August 22, 2016 Benewens die goue status pronk haar album vir ’n tweede week in ’n ry in die eerste plek op Musica se rakke. Die musiekvideo vir die titelsnit van die album is ook onlangs op die kykNET-program, Jukebox bekendgestel. WOW !! Baie geluk…

Lees meer

Veelsydige kunstenaar, Marno van der Merwe, se splinternuwe musiekvideo – Uitverkoop aan ons – is pas bekendgestel en die tema is passie en toewyding in ’n verhouding. Kyle White is die regisseur en Marno sê dat dit ’n groot voorreg was om saam met hom te werk. https://www.youtube.com/watch?v=Q6a5T7PoGMY Marno het van dag een af diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Vandag is dié 31-jarige blondekop ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en solo-kunstenaar by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en…

Lees meer

Jaarliks kom van Suid-Afrika se top kunstenaars byeen vir een moewiese saamsing jol. Vanjaar is die derde aflewering van dié gewilde konsert-reeks, Krone by Carnival City in Johannesburg aangebied. Alhoewel die konsert reeds verby is, gons sosiale media steeds oor hierdie fantastiese konsert. Indien jy nie die geleentheid kon mee maak nie, deel ons graag van ons gunsteling hoogtepunte. Kyk gerus ook uit vir die DVD wat later die winkelrakke sal tref.

Lees meer

“Dis die taal waarin ons groet. Die taal is in ons bloed. Dis Afrikaans vir ons mense.” Dít is net ’n paar hoendervleismooi lirieke uit die hoof-feeslied wat eersdaag, deur van die gewildste Afrikaanse kunstenaars in die land opgevoer gaan word tydens die eerste amptelike FAK Musiekfees wat hierdie Augustus in Pretoria afskop. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met SA Expo Feesgids, bou voort op die sukses van groot kuier- en kultuurfeeste – soos KKNK, Innibos en Aardklop – en loots op 19 en 20 Augustus 2016 die eerste jaarlikse FAK Kunstefees, wat voortaan in Gauteng gaan…

Lees meer

Die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, word op 15 Augustus 2016 vrygestel en is die begin van groot dinge vir 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Ek en die regisseur is ’n ruk terug deur 1925Band genader om vir hulle ’n musiekvideo te maak. Ons het toe meer gaan uitvind oor hierdie groep, wat hoofsaaklik in kroeë in en rondom Centurion speel, en was baie beïndruk met hulle optrede en die harmonieuse manier waarop hulle saam sing. Daarom het ons besluit om vir hulle die geleentheid te gee…

Lees meer

Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Hoogtevrees, pas uitgereik! Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades.  Die musiekvideo vir die liedjie is ook vandag bekendgestel. Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo Ludik wat dit saam met sy sangmaat Reynardt Hugo geskryf het. “Dit gaan oor ‘n romantiese verhouding wat by ‘n kruispad kom en jy dan wonder: wat nou?”  Dikwels sal ‘n…

Lees meer

Die Aardklop-kunstefees vind van 4 tot 9 Oktober 2016 in Potchefstroom plaas. Die feesprogram is vol musiek gepak en beloof om iets vir elke oor te hê. Hier is so paar musiekproduksies wat nié misgeloop mag word nie. Hartklop Hartklop vier die beste van Suid Afrikaanse musiek oor alle grense en dekades heen. Vanaf die 70’s met Koos Doep, die 80’s en die Voelvrybeweging, tot hedendaagse treffers van onder andere Mango Groove, Johnny Clegg en Koos Kombuis. Met Joshua na die Reen, Gloria Bosman, Anna Davel, Timothy Moloi, Charl du Plessis Churchill Naude en Christo Davids. Klik hier om kaartjies…

Lees meer

’n Hoogtepunt by vanjaar se Madeliefie Makietie 2016 is ’n optrede deur die gewilde groep ADAM. Top kunstenaars soos Kurt Darren, Karen Zoid, Theuns Jordaan, Refentse, Snotkop, Dr. Victor & The Rasta Rebels, Wynand en Chereé, Wicus van der Merwe, Liza Brönner, Ricus Nel, Hendrik Spangenberg en Rooies gaan vanaf Donderdag, 29 September tot Sondag, 2 Oktober op Vredendal saamtrek vir dié makietie.   “Ons tree vir die heel eerste keer op by die fees en kan nie wag om die mense van Vredendal te ontmoet nie” sê Hugo Ludik van die groep, ADAM. Hul optredes is propvol energie en…

Lees meer