Die Toe Vind Ek Jou sanger, Francois van Coke en sy vrou, Lauren gaan eersdaags ouers word van ’n dogtertjie. Van Coke het met ’n sonar foto dié goeie nuus op sy Facebook-blad aangekondig. “Sy kom in November en ons kan nie wag nie.” skryf hy verder. Van Coke sal vanaand by Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wees vir die kykNET-Rockkonsert.
Skrywer: Fanie Nel
Die hele Laeveld is in rep en roer, want die dertiende Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het gister afgeskop. Die hoogtepunt van die eerste dag was die Huisgenoot Askopkonsert op die Standard Bank hoofverhoog. Kunstenaars soos Kurt Darren, Dewald Wasserfall, Arno Jordaan, Elvis Blue, MoniQue, ADAM, Nicholis Louw, Ampie, Blackbyrd en Joseph Clark het feesgangers vermaak. Hier is so paar foto’s van die aand: En so skop @Innibosfees af. @Arnojordaan nou op die hoofverhoog. Nie hier nie? Jy mis uit pic.twitter.com/nWrcoUurpo — Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) June 29, 2016 Talentvolle @blackbyrdza nou op @Innibosfees hoof verhoog #Innibos2016 pic.twitter.com/zHAVmtQn3p — Afrikaans is…
Karen Zoid, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Snotkop, Wynand en Chereé, Elvis se Seun, Adam, Wicus van der Merwe, Rooies, Liza Brönner, Ricus Nel, Hendrik Spangenberg, Dr. Victor & The Rasta Rebels en Refentse Morake is van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat vanjaar by die Madeliefie Makietie in die hart van die Matzikama gaan optree. Madeliefie Makietie vind vanjaar van Donderdag, 29 September, tot Sondag, 2 Oktober 2016, op Vredendal plaas. Benewens die groot buitelug-verhoog, pretpark en stalletjies word die Pars-en-Proe-lokaal omskep in ’n kontrei-kos-deli met die streek se wyne. Die fees spog ook vanjaar met ’n volledige landbou-uitstalling waar verskeie…
Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Hendrik Spangenberg, het onlangs by ons in die ateljee kom kuier. Hy het opwindende nuus gedeel oor die heruitreiking van sy debuut-album, Sal Jou Onthou, wat nóú beskikbaar is op die digitale platform iTunes. Hierdie album, wat oorspronklik in 2014 uitgereik is, het ’n nuwe baadjie aangetrek en dra nou die titel The Business Trip And a Love Affair. Hendrik se besoek aan ons ateljee was nie net ’n geleentheid om oor sy musiek te praat nie, maar ook om oor sy onlangse verskyning op die kykNET-program, Jukebox. Die kykers het die voorreg gehad om…
Afrikaanse Musiek Nuus stel met trots ons eie top 20 bekend. Die top 20 word deur jóú bepaal. Stemme word aanlyn uitgeoefen en jy kan soveel as wat jy wil stem. Die top 20 sal Vrydae bekend gemaak word en stemme sal elke Sondagmiddag open. Brendan Peyper wat onlangs vir drie Huisgenoot Tempo’s benoem is, se treffer Boeredrukkie Vir My Boeremeisie spog op die benoemingslys. Refentse wat onlangs sy splinternuwe musiekvideo vrygestel het vir die liedjie Baby Wat Eet Ons Vanaand, is óók op die benoemingslys. https://www.youtube.com/watch?v=p4PSvihGo10 Snotkop spog deesdae met ’n splinternuwe album #HKGK, sy treffer Cool Soos Koos…
Die gewilde Joe Foster wat onlangs die Ghoema vir Manlike Kunstenaar Van Die Jaar ingepalm sterk tans aan in die hospitaal ná hy sy hand gebreek het. @JoeFosterMusiek breek sy hand en sterk aan na ‘n noodoperasie. Ons bid vir ‘n vinnige herstel vir hom! pic.twitter.com/d3QXzRc7Am — WS Marketing (@WSMarketing_) June 24, 2016 Volgens Wian Smith, Joe se bestuurder sit hy met ’n fraktuur in sy regterarm en is ’n noodoperasie toe gepas wat genadeglik nie sy pols affekteer nie. Joe Foster is volgende week deel van die Jacaranda FM konsert wat plaasvind op 2 Julie by Innibos.
Die hoogtepunt van Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is natuurlik die Saterdagaand Jacaranda FM-konsert. Hierdie is jou kans om van die bekenste sterre almal op een verhoog te sien en jou drome waar te maak. Jy kan uitsien na kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Corlea Botha, Dozi, Jay, Lianie May, Joshua na die Reën, Snotkop, Sibongile Mngoma, Joe Foster, Ghapi, Jannie Moolman, Leah, Brendan Peyper en Charlize Berg – dit beloof om die fees op ’n groot hoogtepunt af te sluit. Hektoegang: Volwassenes R175, Voorskoolse en Laerskoolkinders GRATIS Goue sirkel: R225 per persoon (alle ouderdomme)
Vrydagaand is kykNET aand! Riana Nel, Adam Tas, Emo Adams, Gerhard Steyn, Jak de Priester, Juanita du Plessis, Dr. Victor & the Rasta Rebels, Willem Botha en Eden gaan die verhoog aan die brand gaan sing, net die regte medisyne om feesgangers in naweekluim te kry! Hektoegang: Volwassenes R150, Voorskoolse en Laerskoolkinders GRATIS Goue sirkel: R100 per persoon (alle ouderdomme)
Voorbereidings vir die konserte wat plaasvind op die Standard Bank verhoog by Innibos 2016 verloop reeds seepglad. Van Suid-Afrika se top kunstenaars het vandeesweek byeen gekom by Weiveld in Pretoria om voor te berei vir die fees. Innibos skop Woensdag, 29 Junie af in Mbombela. Dis die vyftiende jaar wat dié kunstefees aangebied word. Die blouoog-sangsensasie, Brendan Peyper het ’n video op sy Instagram gedeel. Hy het vertel hoe opgewonde hy is om sy musiekheld, Dozi te ontmoet. Ek hoop julle sien baie uit vir Innibos 2016, want ek doen ! Hier is my childhood rolmodel, Dozi #jongliefdesalonsjonkhou #dieperfekteeenvirmy #boeredrukkie…
Met sy nuwe album, Viva La Dolce Vita, insluitend ’n bonus CD met treffers saam met plaaslike sangers en Suid-Afrikaanse optredes, gaan Patrzio wéér harte verower. https://www.youtube.com/watch?v=BiVb_IWhBtw Die internasionale sanger, Patrizio Buanne, wat spog met multi-platinum album verkope, is gereed om Suid-Afrika vir die tiende keer te besoek. Hy is spesifiek bekend vir sy unieke stem sowel as sy interaktiewe en lewendige vertonings. Hy het ’n magdom aanhangers wêreldwyd en spog met ’n reputasie as een van die wêreld se mees unieke sangers en Australië se gunsteling Napolitaanse pop crooner. Hy tree al vir meer as ’n dekade in uitverkoopte…