Charlize Berg stel nuwe musiekvideo vry

Charlize Berg se splinternuwe musiekvideo As Jy Weet Dis Liefde is die afgelope naweek bekendgestel. Dié video is gedurende Junie 2016 by Rosemary Hill in Pretoria geskiet en is geïnspireer deur die 1970’s.  

Die video skep die gevoel van ’n lewendige optrede en sluit ’n tromspeler, baskitaarspeler en akoestiese kitaarspeler in.  

“Dit was regtig ’n onvergeetlike dag gewees. Dieselfde span wat op my vorige musiekvideo, Braaf, gewerk het, het weereens saamgewerk.  Ons werk baie lekker saam. Ek het soos ’n regte blomme-kind gevoel!”, sê Charlize.

As Jy Weet Dis Liefde is deur die befaamde liedjieskrywer, Johan Oberholzer geskryf en is ook die titelsnit van haar nuwe album wat nou landwyd beskikbaar is. Die album is ook beskikbaar op iTunes.

Like gerus Charlize se Facebook-blad of volg haar op Twitter en Instagram.

Kyk die video hier: