Snotkop is so cool soos Koos Kombuis

Die legendariese Koos Kombuis het ingestem om te verskyn in Snotkop se musiekvideo vir Cool soos Koos Kombuis. Dié musiekvideo is onlangs op kykNET se Top 20 vrygestel.

Dié liedjie gaan oor Jan Alleman wat wens hy was “cooler”.

Die musiekvideo is in Johannesburg en Kaapstad verfilm. Snotkop (Francois Henning) droom al sy lewe lank van só ’n ontmoeting, omdat hy ’n groot Koos Kombuis-aanhanger is.

“Koos is een van die vriendelikste, coolste en chilled ouens wat ek al ooit ontmoet het. Ek was baie starstruck toe ek hom eers sien, maar nadat ons begin skiet het, het ons lekker begin gesels, en dit het net weereens bevestig hoekom ek so mal is oor sy musiek en boeke,” sê Snotkop.

Kyk hier na die musiekvideo: