Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Innibos ’n fees vir elke oor

Vanjaar het Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees behoorlik uit sy nate gebars. Dié fees is vir die dertiende keer in Mbombela aangebied. Hoogtepunte op die feesprogram was die aand konserte op die Standard Bank-hoofverhoog.
’n Nuwigheid by die fees, was die straat parade wat ’n groot gunsteling onder talle feesgangers was.

Benewens die straat parade was daar ook die aand konserte. Die Huisgenoot Afskopkonsert het vir groot opwinding gesorg. Klik hier vir foto’s van die aand.

Die kykNET Rockkonsert het rockers na hartelus laat rock en roll. Dis ook hier waar die wenner van die eerste Rock Rumoer kompetisie die kans gehad het om saam met kunstenaars soos Francois van Coke en Karen Zoid op te tree.

Die kykNET konsert het gesorg vir warm vermaak. Hier is so paar kiekies van die aand.