Tussen Sterre betower met aansteeklike lirieke

Tussen Sterre. FOTO: Facebook
Tussen Sterre. FOTO: Facebook

TussenSterre is Suid-Afrika se nuwe, vars Afrikaanse Pop/Rock-groep wat in 2015 gestig is deur Jan-Mattys van Lill, Martin Clifford Earle en SJ van Dyk.

TussenSterre se eerlike lirieke, ernergieke musiek en elektriese klanke is bestem om mense van alle ouderdomme regoor Suid-Afrika aan te raak.

Die groep beoog om die Arikaanse mark te revolusioneer met hul unieke skryfstyl en passie om die Afrikaanse taal lewendig te hou.

Kyk hier na so klein voorsmakie van hul eerste musiekvideo.

“Ons maak nie net musiek nie, ons verduidelik emosies wat mense oor die algemeen mee sukkel om met woorde te sê” vertel hulle.

TussenSterre se eerste enkelsnit, Wonder Steeds, is beskikbaar op iTunes waarvan die musiekvideo in Julie 2016 vrygestel gaan word.

Bly op hoogte van dié groep op sosiale media. Like hulle Facebook-blad, volg hul op Twitter of Instagram.