Riana Nel se splinternuwe album, Jy Sal Weet het onlangs die winkelrakke getref. Die musiekvideo van die titelsnit van dié album is Saterdagaand eksklusief op die kykNET-program, Jukebox vrygestel. Kyk gerus weer na die musiekvideo hier onder:
Skrywer: Fanie Nel
Die talentvolle Cordelia, wat bekendheid verwerf het met liedjies soos Mal in jou kop en Eerste Woorde, het kragte saamgesnoer met die welbekende sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen en het onlangs die musiekvideo vir hulle duet enkelsnit, Spel van Liefde uitgereik. Dié liedjie pryk reeds op die trefferparades van radiostasies landswyd. https://www.youtube.com/watch?v=zBHsF0RO-bU Oor die samewerking met Pieter sê Cordelia: “Pieter Koen is vir my persoonlik ’n baie aangename mens met ’n uitsonderlike talent. Dit was heerlik om saam met hom te werk aan hierdie liedjie en ’n baie groot voorreg. Ek hoop die publiek hou van dit wat hulle hoor.”.…
Die tweede episode van Varsity Sing, het sosiale media behoorlik aan’t gons gehad. Tydens dié episode het Maties, Karen Zoid en Francois van Coke se trefferlied, Toe Vind Ek Jou opgevoer. @WilnaIce @LeoGSmit @varsitysportsSA ek het Universiteit Wes-Kaap ook geluuuuv!!! #varsitysing …..sooooveel energie ..man I loved it!!! 🎼💯 — June du Toit (@JuneToit) July 21, 2016 @marnovdmerwe @loyisomusic @MarvinKernelle @christo_burger @ArnoCarstens Baie geluk mt ń goeie 1ste episode!Sien uit na di res #VarsitySing — Wilna Rossouw (@WilnaIce) July 21, 2016 Oh wow! Ek lus nou sommer om te sing! #VarsitySing #Maties #Toevindekjou — Samantha Hendricks (@tammyhen) July 21, 2016 These…
Vanaand se Bravo! is toegewy aan die Huisgenoot Tempo-toekennings wat vroeër vandeesmaand by Emperors Palace plaasgevind het. Skakel 20:00 in op kykNET vir al die rooi tapyt-aksie. Kyk hier na die voorskou: https://www.youtube.com/watch?v=RwYkvKE9w2c
Joshua na die Reën se unieke musiekstyl en strelende stem boei luisteraars reeds sedert die eerste note van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014 die radio en Afrikaanse musiekbedryf kom verower het. Ghoema-musiektoekennings vir Nuweling van die Jaar en Beste Kontemporêre Manlike Kunstenaar, asook ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling, ’n Woordfees-toekenning vir Beste Solo-Kunstenaar en temaliedjies vir verskeie flieks, televisieprogramme en -veldtogte, was maar net die begin van ’n suksesvolle loopbaan wat baie vinnig vlam gevat het. Vanjaar word hierdie sukses gevier met ’n nuwe vrystelling uit dié talentvolle musikant se eie pen. Hoendervleismooi is die perfekte…
Aanhangers van Elizma Theron kan uitsien na ’n splinternuwe album. Dié album is ’n country album en is ’n eerste vir Theron. “Wag al baie jare vir hierdie een en so opgewonde om dit met julle te deel.” skryf sy op haar Facebook-blad. “Hier is die cover van my country album” brei sy uit. Die album sal na verwagting einde Augustus begin September vanjaar op die rakke wees. “Kan nie wag dat julle saam met my Honky Tonk nie” vertel sy opgewonde.
Hierdie week sit-sit so Pasella in Robertson. Hulle proe wyn op die water saam met die sanger Danie Niehau. Dieter het sy hande vol met die komediant, Anne Hirsh. Keramiek-kuns word bewonder uit ’n ander wêreld en maak lyf nat in die rotspoele van die Vinkrivier. ] Pasella word Vrydae om 18:00 op SABC 2 uitgesaai met ’n herhaling Sondae om 14:30. Kyk hier wat lê in vanaand se episode voor: https://www.youtube.com/watch?v=A4saapQbf_Q
Elizma Theron, Nicholis Louw en Liezel Pieters van die groep 4Werke kuier vandeesweek in die Top 20-ateljee saam met Francois terwyl Charlize Berg stel haar nuwe musiekvideo bekend. Die Top 20 word Vrydae om 20:00 op kykNET NOU! en 21:00 op kykNET uitgesaai. https://www.youtube.com/watch?v=dy_MU5HERj8
Die eerste Varsity Sing, met gasheer Marno van der Merwe, tref kykNET (DStv kanaal 144) se skerms 14 Julie. Vir die volgende 13 weke kan Suid-Afrikaners vir ‘n musikale bederf gereed maak wanneer Suid-Afrika se top kore kompeteer in ‘n uitdun-kompetisie om uiteindelik as Suid-Afrika se beste koor gekroon te word. Dié koorkompetisie is ‘n eerste van sy soort, en beloof om die gehoor op ‘n musikale en nostalgiese reis te neem. Kykers kan ‘n program van die hoogste gehalte, oorspronklike musiek, unieke komposisies en agter-die-skerms aksie wat die storie van elke universiteit vertel, verwag. Maak gereed om meegevoer te…
Talle sangers, akteurs en mense in die vermaakbedryf Dinsdagaand byeen gekom vir dié glansaand van die jaar om uit te vind wie bekroon word as aktrise of akteur van die jaar of selfs watter rolprent of TV-reeks Huisgenoot-lesers se eerste keuse is. Die komediant Schalk Bezuidenhout het met sy skerp tong die gehoor vermaak terwyl die beste van die beste aangekondig word. Leah is bekroon in die kategorie nuweling van die jaar vir haar album Wonderwerk. Haar treffer Met Jou Klere Aan het ook gewen as liedjie van die jaar sowel as in die kategorie musiekvideo van die jaar. Kort…