Jauni M se onafhanklike debuutalbum, Niemand Anders, wat sy onlangs uitgereik het, wissel tussen opgewekte, lekkerluister deuntjies en eerlike, diep hartsmusiek.
Resensies
Rolene Strauss, voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, se Gesproke Woord album, Secrets to my growth, bestaande uit verskeie lewenslesse en stories is die heel eerste van sy soort wat plaaslik uitgereik is.
Burgerd Botha se lang verwagte debuut solo-album, Hartlagsiel, waarmee dié uitsonderlike musikant ’n opwindende, nuwe hoofstuk van sy loopbaan betree, beloof om luisteraars se asems behoorlik weg te slaan met verskeie klanke en style.
Samantha Leonard se debuutalbum, ’n Duisend keuses wat vroeër vanjaar bekend gestel is, beloof om al die diepste geheime, versugtinge, verlange en ideale vanuit ’n vrou se hart aan die luisteraars te ontbloot.
Jo Black se tweede album, Voel Jy Die Genade wat binne slegs tien dae vanaf sy vrystelling goue status bereik het, bied ’n unieke mengsel van geloof, hoop en liefde wat luisteraars sal inspireer en bemoedig.
Hierdie sensitiewe kunstenaar se musiek waarmee hy poog om die wêreld rondom hom te kan begryp, sal egter aanklank vind by die fynproewer wat na ’n oase teen die oorverdowende kommersiële gedruis smag.
Douvoordag, ’n akoestiese duo bestaande uit Jattie en Ilse de Beer het Afrikaanse musiekliefhebbers behoorlik gaande met hulle lang verwagte debuutalbum, Die Avontuur wat uiteindelik bekend gestel is.
Joe Foster se tweede solo-album album, Volgende Stap wat uit tien Afrikaanse sowel as drie Engelse snitte bestaan, is simbolies van die splinternuwe musikale seisoen wat hy nou in sy loopbaan betree.
Demi Lee Moore wat tydens vanjaar se eerste Afrikaans Is Groot konsert as wenner van VIA se gewilde werklikheidsreeks, Die Kontrak aangewys is, het plaaslike gehore behoorlik verstom met haar tweede album, Mis Eet Slaap Herhaal wat verlede maand uitgereik is.
Ivan Roux se debuutalbum, Daai Ding wat onlangs vrygestel is, beloof om alle dansvloere regoor die land op horings te neem.