Resensies

Mal oor Jou met sy aangrypende melodieë en betekenisvolle lirieke sal aanklank vind by elkeen wat al ooit sy of haar hart op iemand verloor het en dit dan met moeite weer terug moes vind.

Ampie se derde solo album, Bosveld Blues wat vroeër vanjaar vrygestel is, bied ’n uitstekende balans tussen aangrypende liefdesballades en tong-in-die-kies kuier liedjies vir rondom die braaivleisvuur.

Marcato se tweede album, Vrede vir almal… wat onlangs bekend gestel is, beloof om hulle aanhangers met ’n splinternuwe klank en introspektiewe lirieke sowel as ’n stewige dosis sosiale kommentaar te verras.

Die immergewilde Steve Hofmeyr se 30ste album, Skree wat onlangs uitgereik is, maak weereens van daardie baie gewilde narratiewe aanslag gebruik waarmee hy jare gelede reeds die harte van soveel aanhangers gewen het.

Monique Steyn se langverwagte nuwe album, Mosaïek wat onlangs bekend gestel is, beloof om luisteraars te verras met ’n splinternuwe, baie meer volwasse klank as waaraan hulle tot dusver gewoond was.