Corné Louw se lang verwagte solo-debuutalbum, Date-night, spog met ’n skatkis propvol inspirerende en betekenisvolle stories vanuit sy persoonlike lewe wat beslis ’n blywende indruk op luisteraars sal laat.
Resensies
Valeska Muller se langverwagte debuutalbum, My Simfonie, wat ná haar eerste 20 jaar in die musiekbedryf uiteindelik bekend gestel is, beloof om met sy unieke en progressiewe styl Afrikaanse musiekgrense te verskuif.
Loki Rothman se debuutalbum, Op My Pad, wat onlangs uitgereik is, beloof om verhoudings en gepaardgaande gevoelens onder die soeklig te plaas.
Sunel van der Linde se onafhanklike debuutalbum, Symptome wat sy onlangs uitgereik het, beloof om die simptome van liefde, seerkry, geluk, verliefwees en die lewe self te ondersoek. Hierdie talentvolle blondekop musikant se album, wat uit ’n mengelmoes van musiekgenres bestaan, is deur alledaagse gebeure geïnspireer.
Deon Groot se selfgetitelde tweede album bied ’n splinternuwe klank, styl en karakter, wat stories op ’n eietydse, Namakwalandse manier vertel.
Die gerekende musiekvervaardiger en merkwaardige kitaarspeler, Danny Smoke, beloof met sy lang verwagte debuutalbum, Swaeltjies, om luisteraars opnuut met ander oë na die liefde en verhoudings te laat kyk.
Suid-Afrika se goue country-ster, Chereé, keer na byna tien jaar terug met haar lang verwagte album, Wilde Waters, wat beloof om luisteraars se harte opnuut te raak.
Liani Reynolds se debuutalbum, Ligsoom, beloof om nie slegs vir haar ’n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers te verseker nie, maar ook ’n versamelstuk te word, waarin luisteraars aspekte van hulleself stuk-stuk langs hulle lewenspad sal ontdek.
Joshua Na Die Reën se lang verwagte derde album, Someraarde, bied oudergewoonte ’n ongeëwenaarde sintuiglike ervaring wat deur verskeie natuurelemente, verbeeldingsvlugte en emosies geïnspireer is.
Louis Geldenhuys se onafhanklike debuutalbum, Harte in die lug, wat onlangs uitgereik is, beloof om nuwe lewe in die Suid-Afrikaanse country-pop genre te blaas.