Close Menu
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus
Facebook TikTok Instagram Threads X (Twitter) WhatsApp
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Sien Alles

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    Hierdie Desember gaan Hartenbos GROOT!

    9 Desember 2022

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Krone 7 skuif wéér: ‘’n Reuse konsert verdien ’n reuse gehoor!’

    11 Mei 2022

    Charmaine van Sing in Afrikaans was ‘DorpToe’ én dit was ‘’n ongelooflike ervaring’

    19 Mei 2025

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Oos Wes Tuis Bes: ’n Musiekfenomeen kom na Carnival City

    17 Maart 2025

    Universal Musiek bring die fees ‘DorpToe’ na gemeenskappe regoor die land!

    5 Maart 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse MusieknuusAfrikaanse Musieknuus

Demi Lee Moore: Mis Eet Slaap Herhaal

Leoné Prinsloo Resensies
Facebook WhatsApp Twitter Email Telegram Copy Link

Coleske Artists (2018)

[yasr_overall_rating]

Demi Lee Moore wat tydens vanjaar se eerste Afrikaans Is Groot konsert as wenner van VIA se gewilde werklikheidsreeks, Die Kontrak aangewys is, het plaaslike gehore behoorlik verstom met haar tweede album, Mis Eet Slaap Herhaal wat verlede maand uitgereik is. Dit volg op die sukses van haar debuutalbum, Net ’n Mens wat in 2013 vir ’n Ghoema-toekenning benoem is asook haar gewilde enkelsnitte, Liefdes Wen Resep en Jy Maak My Beter wat in 2015 en 2016 onderskeidelik verskyn het. Dié talentvolle sangeres wat tydens haar deelname aan Idols X in 2014 die sewende plek behaal het, was ook Kurt Darren se mede-skrywer van sy treffer, Alle Paaie Lei na Liefde.

Hierdie album bevat slegs vier oorspronklike snitte uit die pen van die veelbekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer. Die titelsnit, Mis Eet Slaap Herhaal bied ’n akkurate beskrywing van hoe iemand se dag-tot-dag bestaan na ’n ernstige liefdesteleurstelling of verlies van ’n geliefde daar uitsien. Die inspirerende lied, Ek Is Hier is outobiografies van hoe Demi Lee na al haar harde werk en deursettingsvermoë van die afgelope tien jaar uiteindelik sukses in die musiekbedryf behaal het. Vulkaan vergelyk hierdie natuurramp met die wyse waarop ’n mens se gevoelens vir iemand stadig, maar seker opbou terwyl Lelie vertel hoe ’n meisie oor haar toekomstige man sit en dagdroom.

Demi Lee en haar mentor, Monique Steyn se duet weergawe van die Amerikaanse country sangeres, Cam se nuutste enkelsnit, Diane waarmee hulle tydens Die Kontrak vir ’n behoorlike kragtoer gesorg het, verskyn ook op hierdie album. Die grootste verrassing is egter die wyse waarop sy daarin geslaag het om met haar verwerkings ’n vroulike perspektief op reeds bekende treffers van manlike kunstenaars soos Elvis Blue, Bobby van Jaarsveld, Appel, Vaughan Gardiner en Sias Reinecke te kan bied. Dié album word deur haar vertolking van die bekende Queen treffer, Somebody To Love tydens ’n lewendige opname van Die Kontrak beslis op ’n hoogtepunt afgesluit.

Die moderne album omslag ontwerp deur Francois Olivier met verskeie skakerings van pienk word deur ’n geskribbel van bykomende inligting gekenmerk wat die indruk van informele dagboek inskrywings skep. Paulo Azevedo en Arnold Coleske het dié album vervaardig met Robin Kielly, Murray Lubbe en Juan Floors Oosthuizen wat alle produksie, verwerkings en programmering daarop behartig het. Die emosionele intensiteit word deur Juan Floors Oosthuizen, Raymond Green en Danny Smoke op kitare, Denny Lallouette en Rixie Roman op baskitaar, Deveroux van der Hoven-Oosthuizen en Mathys Maree op klavier asook David Classe op tromme bewerkstellig.

Demi Lee se hartroerende album wat binne slegs twee weke na uitreiking reeds goue status bereik het, spreek van ’n diep gewortelde eerlikheid in haar interpretasie van lirieke. Alhoewel hierdie album hoofsaaklik uit liefdesballades bestaan, slaag sy met haar ongelooflike vokale reikwydte egter nog steeds daarin om haar veelsydigheid as ’n kunstenaar ten toon te stel. Mis Eet Slaap Herhaal met sy aangrypende lirieke en emosiebelaaide vertolkings sal aanklank vind by enigeen wat bekend is met die seer daarvan om liefde eers te vind en dit dan weer te verloor.

Jy Sal Ook Hiervan Hou

80

Rinél Day: Ek Het Opgestaan

80

Nathan Smith: Here’s To The Now

80

Leah: Kyk Na My

80

Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Hendré Baard se nuwe liedjie ontbloot die rou waarhede van wederkerige liefde

20 Mei 2025

JACOBUS maak sy musiekdroom waar met debuutenkelsnit ‘Gat In Jou Sak’

16 Mei 2025

Snotkop vier vriendskap met nuwe enkelsnit ‘Pokkenvoes’

16 Mei 2025

Ariana Venus is die plaasmeisie met ’n hart vol liefde vir die lewe, musiek

16 Mei 2025

Arno Carstens se ‘Sprokie’ bring hoopvolle poësie in ’n wêreld van wanorde

12 Mei 2025
© 2025 Kopiereg. Alle regte voorbehou.

Tik hierbo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.