Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Jo Black: Voel Jy Die Genade
Resensies

Jo Black: Voel Jy Die Genade

Leoné Prinsloo4 Augustus 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Inhoud Huis Musiek (2019)

[yasr_overall_rating]

Jo Black se tweede album, Voel Jy Die Genade wat binne slegs tien dae vanaf sy vrystelling goue status bereik het, bied ’n unieke mengsel van geloof, hoop en liefde wat luisteraars sal inspireer en bemoedig. Dit volg kort op die ongekende sukses van sy debuutalbum, Skepe wat nie slegs met trippel-platinum-verkoopstatus spog nie, maar ook alle rekords laat spat het deur vir hom ’n allemintige sewe Ghoema-musiektoekennings te besorg. Dié bebaarde superster het verder ook bekendheid verwerf vir sy gasverskyning in die Afrikaanse rolprent, Susters waarvoor hy en Leah saam die aangrypende temalied, Nooit Alleen opgeneem het.

Die album omslag waarop die kenmerkende Jo Black embleem pryk en hy spontaan kitaar speel, dien reeds as vooruitwysing na die buitengewoon eerlike blik op sy persoonlike lewe wat op hierdie album verwag kan word. Die vervaardiging en verwerking van al dertien snitte op dié album is deur Murray Lubbe en Danny Smoke behartig terwyl hulle albei saam met Johan Vorster ook vir die finale meng en meester daarvan verantwoordelik was.

Jo Black het al twaalf oorspronklike liedjies geskryf saam met die talentvolle Johan Vorster wat ook as die uitvoerende vervaardiger van sy album opgetree het. Christoph Kotzé, beter bekend as Appel, en Roan Ash asook Jattie de Beer van Douvoordag-faam het egter ook met die skryf van enkele snitte hand bygesit. Die kenmerkende rock-klank wat op dié album gehoor kan word, is bewerkstellig deur Juan (Floors) Oosthuizen en Danny Smoke op kitaar asook Denny Laloulette en Danny Smoke op baskitaar sowel as Murray Lubbe op klavier en klawerbord.

Die titelsnit, Voel Jy Die Genade vier nie slegs Jo Black se sukses in sy loopbaan gedurende die afgelope twee jaar nie, maar bied ook ’n blik op alles in sy lewe waarvoor hy dankbaar is. Verlore Seun en Ek sal sing is verdere biografiese snitte op hierdie uiters persoonlike album waarin die skrywer se stormagtige verlede sowel as sy blink toekoms onderskeidelik beskryf word. Die aangrypende lied, Jy’t my gewys is vir sy pa geskryf terwyl hy die ballades, Bitter en Huis op die Heuwel aan sy vrou, Debbie Engelbrecht, opgedra het. Ander potensiële treffers sluit in Spring, Die Lig, Hand Op Jou Bors en Wat As. Dié album word heel gepas afgesluit deur sy emosie-belaaide weergawe van Leonard Cohen se tydlose treffer, Hallelujah waardeur die volle omvang van sy vokale vermoëns aan luisteraars ten toon gestel word.

Die sentrale onderliggende tema van God se krag om met Sy onvoorwaardelike genade en vergifnis mense se lewens vir altyd ingrypend te kan verander, loop soos ’n goue draad deur dié opbouende en betekenisvolle vrystelling. Hierdie album wat in byna elke opsig getrou bly aan die klank van sy debuutalbum, dien as die onbetwisbare bewys dat hierdie sukses resep van hom nog lank nie sy trefkrag verloor het nie. Voel Jy Die Genade bestaande uit verskeie rock-treffers in Jo Black se kenmerkende vertel trant sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit vrese en teleurstellings of mislukkings uit sy/haar verlede moes oorkom.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.