Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Douvoordag: Die Avontuur
Resensies

Douvoordag: Die Avontuur

Leoné Prinsloo2 Mei 2019
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Inhoud Huis Musiek (2018)

[yasr_overall_rating]

Douvoordag, ’n akoestiese duo bestaande uit Jattie en Ilse de Beer het Afrikaanse musiekliefhebbers behoorlik gaande met hulle lang verwagte debuutalbum, Die Avontuur wat uiteindelik bekend gestel is. Dié kontemporêre album word deur ’n liries gedrewe aanslag en akoestiese klank asook beeldryke inhoud en deurlopende geestelike boodskap gekenmerk wat hulle ongetwyfeld binne ’n oorwegend kommersiële mark sal laat uitstyg. Hulle het egter in 2014 reeds plaaslik begin opslae maak met die titelsnit, Die Avontuur en hul enkelsnit, Uitsig wat op die film, Mooirivier se klankbaan gehoor is.

Die byna skilderagtige album omslag ontwerp deur Gerhard van Rooyen beeld uit hoe Douvoordag met hulle musiekinstrumente en gepakte tasse agterop ’n “landrover” sit, gereed vir die avontuur wat voorlê. Hulle lewensreis as deurlopende tema op dié album vind binne die omslag verder gestalte in die vorm van veertien poskaarte waarop die lirieke en opname krediete van die onderskeie snitte aangebring is. Dié kreatiewe verpakking word afgerond met bypassende foto’s deur Jattie en Ilse asook Gerhard van Rooyen, Hardus de Bruyn, Ian Nieuwenhuizen en Jean de Villiërs wat elke snit se boodskap visueel uitbeeld.

Dis ’n baie persoonlike album vir Jattie en Ilse wat self vir die oorgrote meerderheid liedjies op dié album verantwoordelik was behalwe vir enkele skryfinsette wat hulle vanaf Leon Gropp en Christaan Baartman ontvang het. Jattie het ’n besondere liefdeslied, Skielik Is Die Somer Hier vir sy vrou, Ilse geskryf waarin hy sy gunsteling seisoen, Somer as ’n metafoor vir haar teenwoordigheid in sy lewe gebruik. Vir Ren is die lied wat dié gelowige egpaar spesiaal vir hulle eersteling seuntjie, Ren, geskryf het waarin hulle sy identiteit in Christus vir hom verduidelik asook hom aan die Here toevertrou sowel as Sy beloftes oor sy lewe en toekoms uitspreek.  

Sentrale temas wat deur Douvoordag op dié verfrissende album aangespreek word, is die natuur wat enersyds hul fisiese avontuur voorstel en geloof wat andersyds hul geestelike avontuur vergestalt. Eersgenoemde word aangetref in Uitsig, Desembers, Landsberghoek, Skaduwee van die berg en Kyk op na bo waarin herhaaldelike verwysings na water, wind, grond, son, lug, sand, see, berge, kranse en riviere voorkom. Hulle fisiese avontuur word afgesluit deur die temalied, Hande Vat wat hul spesiaal vir die televisieprogram, Dorpsdraai geskryf en as ‘n bonussnit op dié album ingesluit het. Laasgenoemde verkry op sy beurt weer gestalte in Manifes, Die Avontuur, Instede, Tweestryd en Skrapnel waarin verskeie verwysings na vrede, vertrou, vrees, haat, ongeloof, wrok, berou, hoop, waagmoed, bitterheid en volhard aangetref word. Hulle geestelike avontuur op dié album word met hul aangrypende vertolking van Louis Britzz se lied, Hier Tussen Ons op ’n hoogtepunt afgesluit.

Douvoordag se kenmerkende akoestiese klank word deur Jattie, Gideon Botes en Matthys Maree op klavier asook Gideon op mandolien en perkussie sowel as Jattie op ukulele en Thinus Odendaal op dromme verwesenlik. Hulle album spog ook met verskeie talentvolle kitaarspelers soos Jattie, Gideon en Jason Ferreira op akoestiese kitaar asook Jake Odendaal en Gideon op elektriese kitaar sowel as Jake en Jason op baskitaar.

Dié album se vervaardiging en programmering is deur Jattie van Freesolo Productions, Gideon en Reghardt Labuscagne asook Jake van Maven Productions en Jason van LittleBig Studio behartig. Die uiteenlopende verskeidenheid van instrumente is tot ’n sielvolle eenheid saamgebind deur Jake, Reghardt, Gideon en Stefan Swart wat vir die finale meng van al veertien snitte verantwoordelik was.

Die Avontuur wat deur verskeie bepalende oomblikke langs Jattie en Ilse de Beer se fisiese sowel as geestelike lewensreis tot dusver geïnspireer is, beloof om voornemende luisteraars met sy outydse sjarme te oorrompel. Douvoordag spog met ’n kenmerkende musiekstyl wat nes dié van Joshua Na Die Reën baie sterk op die mens se sintuiglike waarneming steun om ’n lewensgetroue ervaring vir die publiek te kan verseker. Hulle akoestiese melodieë en inspirerende lirieke sal beslis aanklank vind by diegene wat nog in die mooi van die lewe glo, selfs ten spyte van al die onreg wat dit so dikwels wil oorskadu.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.