Die jongste deelnemer van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, die 16-jarige leerder en sangonderwyser van die Strand, Deidré Barnard, het vanaand die kompetisie gegroet.
Nuus
’n Betowerende Kersfees Skouspel onder leiding van Jaconelle Mouton wag op konsertgangers dié Desember!
Die Ghoema-bekroonde musiekgroep Tussen Sterre het pas hul eerste enkelsnit Jonk in Afrikaans vanaf hul splinternuwe album, wat in die nuwe jaar vrygestel gaan word, uitgereik.
Willem van der Ryst se album, Storie Boek, bevat al die bestandele; top kwaliteit produksie, goeie verwerkings, dié beste musikante in die land en net oorspronklike musiek.
Die sanger PJ Pretorius, wat naam gemaak het tydens die tweede seisoen van die gewilde M- Net sangkompetisie, The Voice SA, het pas sy eerste enkelsnit uitgereik.
Suid-Afrika se gunsteling-blondekop, Geraldine Scholtz, is terug met ’n musiekvideo wat haar treffer, Iemand, soos ’n handskoen pas.
Op Vrydag, 16 November gaan kunstenaars soos Arno Jordaan, Roan Ash, Wicus van der Merwe en Pieter Smith by die Pebble Rock gholfklub in Pretoria byeenkom vir die jaarlikse One2b-liefdadigheids gholfdag!
In die week se aflewering van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, het ons die 17-jarige leerder van Centurion, Tatum Strydom, gegroet.
Burgerd Botha se musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, Deur Vuur Getemper, stel nie teleur nie.
Die sanger, liedjieskrywer en deesdae ook finansiële-beplanner, Ampie, se nuutste enkelsnit, Sit Die Radio Aan, is pas vrygestel en gaan jou beslis na die volume knoppie laat gryp.