Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Tussen Sterre is ‘jonk in Afrikaans’
Nuus

Tussen Sterre is ‘jonk in Afrikaans’

Redaksiespan12 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Willem Botha

Die Ghoema-bekroonde musiekgroep Tussen Sterre het pas hul eerste enkelsnit Jonk in Afrikaans vanaf hul splinternuwe album, wat in die nuwe jaar vrygestel gaan word, uitgereik.

Dié liedjie, wat ’n gesamentlike poging deur twee van die lede; SJ van Dyk (lirieke, hoofmelodië, kitaar komposisie, musiek produksie) en Martin Earle (kitaar komposisie) is, gaan oor die betekenis om jonk in Afrikaans te wees. “Of dit nou jonk van gees of fisies jonk is, beskryf hierdie lied hoe ons as jong, Afrikaanse mense die lewe geniet en wil geniet,” vertel die trio oor die pop-, rockliedjie met ’n unike ‘Tussen Sterre’-klank.

Die liedjie het ontstaan as ’n temalied-versoek deur die organiseerders van die Jonk in Afrikaans-konsert en het uiteindelik as ’n boodskap aan die jeug oor hoe hulle voel in Afrikaans begin blom. “Ons het op ’n stadium besef dat ons besig was om te vergeet om onsself as jongmense te geniet en ook dat ons dit soms as vanselfsprekend aanvaar het. Daar en dan het ons besluit om hierdie liedjie te skryf om mense net weer te herinner om die jong, Afrikaanse persoon binne hul kans te gee om weer te glimlag en te dans,” vertel SJ.

Volgens Martin lê die liedjie hul na aan die hart omdat hulle gereeld met jongmense te doen kry. “Ons ervaar die geluk en eerlike vreugde wat plaasvind en wil dit graag met die wêreld deel,” voeg hy by. “Ons dink dat mense van alle ouderdomme van hierdie liedjie gaan hou, juis omdat dit gaan oor wat dit beteken om jonk, en jonk (al is jy oud in ouderdom) van gees te wees. Mense kan lekker dans en saamsing en die lied voel skoon bekend wanneer mens dit vir die eerste keer hoor.”

Luister hier na ’n voorskou:

Die musiekvideo, wat deur Ruan Kotze en Hencas van Huyssteen van The Reel Thing opgeneem en vervaardig word, word in die middel van November uitgereik. In die video word verskillende karakters op ’n bus na ’n Tussen Sterre-konsert vervoer. “Die storie kombineer tipiese voorbeelde van mense wat vergeet het hoe om jonk te wees met ’n energieke optrede wat weer die jongmens in hul wakker maak. Stories van mense wat heeldag werk, tot ’n oupa wat sy kierie neergooi word vertel om die transformasie te beklemtoon van hoe mens weer jonk kan wees,” vertel die manne.

Blaai hier deur foto’s agter-die-skerms by die verfilming van die video:

FOTO’S: Verskaf

Die manne staan vir ’n foto.
Heidi, Emil Paul, Irene-Louise van Wyk, Vincent Gordon en Chané Valentine het ook ’n draai gemaak.
Die video is by Die Blou Hond in Pretoria verfilm.
’n Kiekie of twee word geneem.
’n Toneel in die video word verfilm.
Chané Valentine, een van die bekendes, ‘trou’ in die video.
Die bus wat almal die vertoning vervoer.
Die regisseur gee sy aanduidings.

SJ van Dyk, Martin Clifford Earle en Jan-Mattys van Lill is die drie lede van hierdie nuwe Afrikaanse pop/rock-groep, Tussen Sterre, wat in 2015 gestig is. Hulle eerlike lirieke, energieke musiek en elektriese klanke sal aanklank vind by oud en jonk.

Tussen Sterre se passie vir musiek is so groot soos hulle toewyding tot die Afrikaanse taal. Dit blyk duidelik uit hulle lirieke. Hulle beplan om die Afrikaanse musiekmark te revolusioneer met hulle unieke skryfstyl en passie om die taal lewendig te hou. Al drie van hulle is kranige musikante en spesialiste in hulle veld – SJ speel dromme, kitaar en klavier, Martin is ’n kitaaronderwyser en Jan-Mattys ’n sangonderwyser.

In 2017 het die groep hul debuut-album, Kosmies, vrygestel wat ook aan dié groep drie Ghoema en ’n Huisgenoot Tempo-toekenning benoeming besorg het. Vanjaar is ook ’n groot jaar vir die manne; nie net het hulle opgetree by feeste groot soos Innibos, Kirkwood Wildsfees en Jonk in Afrikaans nie, maar het ook die Ghoema-toekenning vir Publiek se Gunsteling duo/groep opgeraap.

Die unieke naam vir die groep het ontstaan uit die gesegde: “Reach for the sky, even if you miss, you’ll end up amongst the stars.” Alhoewel  een van die lede egter Batman is, is Tussen Sterre hulle grootste passie en lekkerste droom om as vriende saam uit te leef.  Dit is nou amptelik: Tussen Sterre, skitter helder, dag of nag!

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.