Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Nuwe Burgerd Botha-enkelsnit stel nie teleur
Nuus

Nuwe Burgerd Botha-enkelsnit stel nie teleur

Redaksiespan7 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Burgerd Botha se debuut solo-album, Hartlagsiel, is ’n pragtige kombinasie van ligte akoestiese popmusiek, hartroerende ballades en interessante elektroniese klanke en is in April vanjaar uitgereik.  

Enkelsnitte soos As jy nog twyfel, Hartlagsiel en Die Sterre het gesorg dat Burgerd se stem oor die afgelope paar maande gereeld oor die radio gehoor kon word en het ook op radiostasies se trefferparades landwyd stelling ingeneem.

Sy musiek nooi jou uit om saam te sing en diep te dink oor die lewe en die liefde en sy nuutste enkelsnit, Deur Vuur Getemper, stel nie teleur nie.

“Elke mens gaan op een of ander tyd in hulle lewe deur ’n traumatiese tyd.  Dit is onvermydelik. Wat wel belangrik is, is om na die omstandighede te kyk as slegs ’n fase wat jou suiwer en dat dit jou gaan vorm om sterker te word.  Dit is die simboliek agter die liedjie en vandaar ook die titel, Deur Vuur Getemper,” sê Burgerd.

Hierdie nuwe enkelsnit en die musiekvideo vir hierdie enkelsnit is beide bekendgestel.

Die musiekvideo is deur Christiaan Wolf van Brickwolf vervaardig en op ’n afgeleë area in Gauteng geskiet. “Aan die begin van die video wys dit hoe dit dalk mag lyk asof ek alles verloor het. Deur die loop van die video wys ek hoe ek opstaan en myself nie laat definieer deur die ervarings wat ek gehad het nie. Ek skud die stof van my af en beweeg aan om my doel op aarde te bereik soos my Hemelse Vader dit vir my beplan het,” sluit Burgerd af.

Kyk die video hier:     

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.