Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Liefde By Die Dam»Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
Liefde By Die Dam

Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

Redaksiespan26 Februarie 2026
FOTO: Verskaf
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Saterdag 18 April 2026 gaan geskiedenis gemaak word wanneer Liefde by die Dam sy 10de bestaansjaar vier met ’n Super Mega Bonanza by Emmarentia Dam in Johannesburg.

Wat in 2016 begin het as ’n unieke musiekfees – vernoem na Valiant Swart se ikoniese liedjie – het oor die jare gegroei tot een van Suid-Afrika se mees geliefde en uitverkoopte feeste. Met sy kenmerkende lekkergoed-hartjies, wêreldklas verhoogproduksie en ongelooflike atmosfeer, het Liefde by die Dam ’n ware fenomeen geword in beide Johannesburg en Kaapstad.

En nou? Nou word daar GROOT gegaan.

Hierdie 10-jaar viering bring ’n kragtige, uiteenlopende en feestelike line-up bymekaar wat generasies en genres oorbrug. Musieklegendes soos Mango Groove, Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties deel die verhoog met moderne gunstelinge soos Will Linley, Appel en Early B.

Fokofpolisiekar is weer op Liefde By Die Dam te sien. FOTO: Jaco S Venter

Die partytjie word verder opgestook deur die unieke energie van Jack Parow en Robbie Wessels, terwyl aKING, Barto, Zoé en Twee sorg vir vars, energieke optredes.

En asof dit nie genoeg is nie, wag daar ook nog ’n rits secret acts in die vlerke. Dis letterlik ’n line-up vir die geskiedenisboeke.

Claire Johnston van Mango Groove deel haar opgewondenheid: “Dit is ons eerste Liefde by die Dam en dit is vir ons baie spesiaal om deel te wees van so ’n geliefde fees se 10-jaar-verjaardag. Dit gaan ’n wonderlike dag wees!”

Mango Groove is vir die eerste keer op Liefde By Die Dam. FOTO: Verskaf

Francois van Coke lag dat hy “al deel is van die meubels” by Liefde by die Dam. Hy het tot dusver by elk van die tien Johannesburg-konserte opgetree.

“Dit is altyd ’n eer om deel te wees van Liefde se sterk, massiewe, uiteenlopende line-up.”

Pierre Greeff, hooforganiseerder en voorsanger van Die Heuwels Fantasties, sê: “Om Liefde by die Dam oor die jare te sien groei is ’n onbeskryflike gevoel. Dit is ’n voorreg om hierdie ekstra Super Mega Bonanza-verjaardagshow op die planke te sit. Daar is geen keer in hoe groot ons hiermee gaan nie. Ons pull al die stops!”

Die Heuwels Fantasties. FOTO: Verskaf

Kaartjieverkope is vanaf Donderdag 26 Februarie om 08:00. Liefde by die Dam is bekend daarvoor dat kaartjies blitsvinnig uitverkoop – so moenie uitmis nie.

Pryse:

  • Algemeen: R399
  • Kinders (3–12): R220
  • Kinders onder 3: Gratis
  • VIP: R2999

Die VIP-ervaring bied prioriteitstoegang, ’n eksklusiewe VIP-area met skaduwee, sitplekke en privaat toilette – plus alle kos en drankies ingesluit. ’n Ware fees in styl!

Kaartjies is beskikbaar by Ticketmaster en via www.liefdebydiedam.co.za.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Die gewilde Liefde by die Dam-konserte is terug!
Nóg ’n kans om kaartjies vir ‘Liefde by die Dam’ op te raap!
Liefde by die Dam is terug; kaartjies nou te koop!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.