Nuus

Sally Williams Nougat is nie net die treffer wat die bekroonde liedjieskrywer, sanger, rubriekskrywer en digter, Jak de Priester, se musiekloopbaan vyftien jaar gelede amptelik laat vlam vat het nie, maar ook ’n liedjie wat vir hom baie spesiale betekenis het.

4Werke, Suid-Afrika se gunsteling gemengde viertal, is gerat vir selfs groter sukses met hul splinternuwe vrystelling,4by4 – ’n album wat slaggereed is om enige terrein aan te vat en die hoogste pieke te verower!