Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Die Kontrak

Tatum Strydom ‘gryp élke oomblik aan’!

Redaksiespan7 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

In die week se aflewering van VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se werklikheidsreeks, Die Kontrak, het ons die 17-jarige leerder van Centurion, Tatum Strydom, gegroet. Hier is haar vyf vrae en antwoorde:

Wat het jou laat besluit om in te skryf vir Die Kontrak?
Ek het ingeskryf omdat ek nie ’n geleentheid wil laat wegglip nie. Elke geleentheid wat ek kry, wil ek aangryp en daai golf ry. Toe dié geleentheid oor my pad gekom het, het ek geweet ek moet dit vat. Ek het absoluut niks om te verloor nie.

Wat is jou grootste hoop vir jou musiekloopbaan?
Ek wil bekend word vir die Here. Ek was een keer in die kerk en die pastoor het in die middel van sy preek gestop en vir my gesê, “Girl, die Here gaan jou baie famous maak vir Hom.” Ek wil soveel mense na Hom toe lei. Ek wil mense se harte inspireer om na die Here toe gelei te word. Dís my doel en ek gaan dit gehoorsaam.

En wat is jou grootste vrees?
Ek vertrou ek is in goeie hande. Byvoorbeeld, Miley Cyrus was ’n soet, onskuldige dogtertjie en hulle het haar hele kommersiële aanslag verander om meer mense te lok. Dít maak my bang. Ek wil nie in só ’n situasie geplaas word waar ek op ’n wrecking ball moet swaai nie. Maar ek is nie bang nie, want my hoop en vertroue is sterk genoeg.

Watter kunstenaars is jou grootste musikale invloede?
Lana del Rey se storie is vir my wonderlik. Pink is ’n wonderlike performer. En natuurlik ook my mentor Tarryn Lamb. Sy is ’n amazing mens en ons kliek so lekker. Wanneer jy met haar praat, sien sy dadelik wie jy is as mens. Ek hou ook baie van Elvis Blue se musiek.

As jy nie ’n musiekkunstenaar was nie, watter ander beroep sou jy nastreef?
Ek het al so baie beroepe oorweeg. Ek wou al ’n henna-kunstenaar wees. Ek wou al ’n haarkapper geword het. Ek hou van arty farty, praktiese werk. Moet my asseblief nie agter ’n lessenaar sit nie! My ander groot liefde is wildbewaring.

Nuwe episodes van Die Kontrak sal elke Woensdag om 20:00 uitgesaai word met heruitsendings op Sondae om 18:00. Die JOOX-app, die Suid-Afrikaanse stroomdiens met die meeste Afrikaanse inhoud, is die amptelike stroomvennoot van Die Kontrak.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Die Kontrak 3: Hier is die top-24!
Die Kontrak 3: Inskrywings is nóú oop!
‘Die Kontrak’ se Deidré reik debuut-enkelsnit uit
Die Kontrak 2: Hier is die top-26!

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.