Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»‘Sit die radio aan’ vir Ampie se somertreffer!
Nuus

‘Sit die radio aan’ vir Ampie se somertreffer!

Redaksiespan6 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Die sanger, liedjieskrywer en deesdae ook finansiële-beplanner, Ampie, se nuutste enkelsnit, Sit Die Radio Aan, is pas vrygestel en gaan jou beslis na die volume knoppie laat gryp.

Dié moderne-country-liedjie uit die pen van Ampie en Sean Else gaan oor iemand wat moeg is vir die stad se irritasies en in sy bakkie klim, die radio aansit en gaan waarokal die wind hom neem. “Soms raak mens moeg as die jaar te lank aanhou en alles irriteer jou so aan die einde van die jaar. Eerder as om lelik te wees met ander, gaan herlaai jy êrens op jou eie,” gesels die sanger.

Ampie sê dat die liedjie ’n lekker goedvoel somervakansie liedjie is en dat almal só voel aan die einde van die jaar. “Dit sal enigiemand laat goed voel, jonk of oud.”

Luister hier na ’n voorskou:

’n Musiekvideo vir die enkelsnit is ook reeds deur Christiaan Wolf van Christiaan Wolf Productions verfilm en vervaardig. Dié video, wat in ’n skuur verfilm is, is ’n ‘performance’-video voor ’n LED-skerm met paaie wat verander en gery word. “Ek dink nie so iets is al gedoen nie. Dis eenvoudig maar tog interessant,” vertel Ampie.

Ampie du Preez, wie se stem as ‘tydloos’ opgesom word, sing reeds sy lewe lank en vanjaar is sy dertiende jaar in die musiekbedryf. Hy is ook ’n kranige gholfspeler, partytjie geesdriftige en het onlangs weer begin studeer.

Ampie vertel dat hy musiek skryf oor dit wat op daardie oomblik in sy lewe gebeur. “Ek skryf maar meestal ware gebeurtenisse.” Hy sal ook graag saam kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke of selfs Dewald Wasserfall wil werk en skryf. Die sanger is mal oor Country en iemand soos Keith Urban is ’n groot inspirasie.

Wanneer hy egter nie musiek kon bemeester nie, sou hy graag ’n gholfspeler wou word en lewe met die aanhaling: “Song is king.” En wat weet aanhangers nie van hom nie? “My regte naam is Abraham ‘vader van vele’,” verklap hy met ’n tong-in-die-kies…

Ampie sonder die dag toe hy op Joost van der Westhuizen se roudiens, een van sy gunsteling liedjies gesing het, as een van sy loopbaan hoogtepunte uit. Sy treffer, Plain Jane, het van hom ’n huishoudelike naam gemaak en spog met amper 1.7 miljoen trefslae op YouTube. Boonop is sy album Niks en Niemand vir ’n SAMA-toekenning genomineer. Sy jongste album, Bosveld Blues, is ook vroeër vanjaar uitgereik en die eerste enkelsnit, Ek Sal, het op verskeie radiostasies se top-ranglyste geboer.

LEES OOK: Derde vrystelling van Ampie is ‘aards en melodies’

Die grootste les wat die sanger oor die dertienjaar geleer het is dat die lewe onregverdig is en dat die bestes nie altyd vinnig bo uit kom nie. “Hou aan om hard te werk en weet dat jou tyd sal kom”, voeg hy by. Sy pa se dood was ook ’n onverwagse vuishou vir hom.

Tussen musiekmaak en die skryf daarvan, doen Ampie ook finansiële-beplanning en geniet hy dit om mense te help in die regte rigting, wat hulle finansies aanbetref. Ampie is baie opgewonde oor sy nuwe enkelsnit, Sit Die Radio Aan, en hoop dat aanhangers ook aanklank hierby sal vind. “Om musiek te maak, is nog altyd my grootste passie,” sluit Ampie af.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.