Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Geraldine Scholtz soek die perfekte ‘Iemand’ in nuwe video
Nuus

Geraldine Scholtz soek die perfekte ‘Iemand’ in nuwe video

Redaksiespan9 November 2018
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

FOTO: Verskaf

Kort na die vrystelling van haar nuutste enkelsnit, Iemand, is Suid-Afrika se gunsteling-blondekop, Geraldine Scholtz, terug met ’n musiekvideo wat hierdie treffer soos ’n handskoen pas.

Gerhard van Rooyen van GVR Productions het die video in die Hazelwood-area in Pretoria verfilm. “Dit gaan oor ’n meisie, met ’n gebroke hart, wat in die stad aankom met die hoop om die perfekte een te ontmoet. Die ontvangsdame hoor die gesprek met haar ma en pa dat sy ‘Iemand’ gaan ontmoet, ‘’n man soos haar pa’. Die vrou gee dan vir haar ’n sjokolade, min wetend dat dit haar lewe gaan verander. Kykers kan ook ’n baie interessante einde verwag, wat ons oop gelaat het vir interpretasie,” verklap die kunstenaar, wat self die storielyn hiervoor geskep het, opgewonde.

“Die video begin met ’n inleiding, iets wat ek baie graag wou inhê. Verder sluit die storielyn aan by die lirieke van die liedjie, wat dit nog meer spesiaal maak. Ek het dit vreeslik geniet om die musiekvideo aan mekaar te sit.”

Dié popliedjie, wat deur Johan Oberholzer geskryf en deur Robin Kielly vervaardig is, wat uit die staanspoor goed ontvang is, het reeds ’n draai gemaak op verskeie radiostasies en is klaar ’n gunsteling by haar konserte. Volgens die sangeres gaan die liedjie daaroor om te wag vir die perfekte een saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer.

LEES OOK: Geraldine Scholtz is terug met ’n nuwe snit

“Dit is vir my belangrik om iets te sing wat in my hart is en waarvan ek ook sal hou. Ek hoop dit kan jou laat dans soos wat ek dans wanneer ek die liedjie hoor en ek hoop wanneer dit speel sit die enkelsnit ’n groot glimlag op jou gesig,” sê sy.     

Geraldine het ’n opwindende jaar agter die rug met, onder andere, ses vertonings by Innibos, ’n optrede by Weiveld, asook drie suksesvolle radiovrystellings, Sommer, Mis en Iemand. Sy beskou die vrystelling van haar nuutste musiekvideo as ’n groot hoogtepunt en beplan nog baie groot dinge vir die toekoms.

“Ons het van vroegoggend tot middernag aan die video geskiet en dit was uit-en-uit die moeite werd. Ek hou daarvan om my eie konsepte uit te dink en my eie kreatiwiteit te gebruik en Gerhard het my mooi aangevul waar nodig,” vertel die ster.

Alhoewel sy met ’n paar blase op haar voete weggestap het, is die eindresultaat perfek, en sal Iemand se musiekvideo aanhangers weer van vooraf laat verlief raak op Geraldine Scholtz se besonderse talent.

Kyk die musiekvideo eksklusief hier:

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.