Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Feeste»Die Cederberg Rooibos Kunstefees bring die kunste na die platteland
Feeste

Die Cederberg Rooibos Kunstefees bring die kunste na die platteland

Fanie Nel4 Oktober 2016
Kinders geniet hulself
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Cederberg Rooibos Kunstefees, wat einde Oktober op Clanwilliam plaasvind spog vanjaar met ’n verskeidenheid  toneelstukke, kunsuitstallings, musiekproduksies, praatjies en gesellige kuiers met heerlike kos, wyn en egte Clanwilliam-gasvryheid.

Daar is werklik iets vir elke feesganger by die fees wat vanjaar vanaf Donderdag, 20 Oktober tot Sondag, 23 Oktober op Clanwilliam in die Wes-Kaap plaasvind.

Kinders geniet hulself
Die nar deel balonne uit
Feesgangers by die fees

“Met die fokus spesifiek op die kunste sal toneelstukke soos Die Droomstelers, ’n produksie wat ontstaan het uit Clanwilliam se eie mense en wat handel oor alles wat ons drome steel, beslis die gehoor se hartsnare roer,” vertel Alicia Erasmus, organiseerder van die ComNet groep.

“Ander toneelstukke wat ook beloof om treffers tydens die fees te wees sluit in Mamre – ’n teaterblyspel wat die lewe deur musiek vier en sielvol vertolk word deur die talentvolle jong akteur en sanger Whaden Johannes asook Amper, Vrystaat – ’n produksie wat die prys vir die Beste Debuutproduksie by die Vrystaat Kunstefees 2015 ontvang het,” voeg sy by.

Vir diegene wat lief is vir kook, kos en wyn is daar ook ’n verskeidenheid geleenthede op die feesprogram beskikbaar. Marlise Scheepers, oftewel Sjef Snoekie, se aweregse sin vir humor en slag met kos word in Laat die Potte Sing gekombineer om nie net heerlike resepte te skep nie, maar ook lewe te blaas in raakvatstories en -beskrywings. Hierdie is ’n kans om saam met Sjef Snoekie te kook, sing, stories te vertel en lekker saam te lag.

Feesgangers kan ook aansit vir ’n heerlike Leipoldt- en Rooibos-geïnspireerde Sondagmiddagete, voorberei deur die gewilde kykNET Kokkedoor-beoordelaar, Sjef Nic van Wyk, wie se kosstyl spreek van hartlike landelike geure.

Gedurende die fees sal daar natuurlik ’n kunsuitstalling by Die Kunshuis wees met die werke van kunstenaars soos Ulric Roberts, Terence Visagie, Stephen Basset, San Alive en dr. Helene de Kock. Feesgangers kan uitsien na rieldans-kunswerke, rotskuns en Koi-juwele. Tydens die opening van die Cederberg-kunsuitstalling sal dr. Ernst van der Walt as openingspreker optree en ook sy boek, Teen die Stormwinde, bekendstel.

Die gewilde Kuiertuin sal weereens heerlike etes bedien tydens vanjaar se fees en ook ’n kontantkroeg beskikbaar hê. Feesgangers kan uitsien na optredes deur musikante soos Die Wildberries, Nic Stevens, Clanwilliam Steel Band, Michael Visser, Waldo Lotz en die kookwater Vredendal-rockers, Dobbelsteun.

Kaartjies vir die onderskeie produksies wat by die Cederberg Rooibos Kunstefees aangebied word, is vanaf Maandag, 3 Oktober, by die Cederbergfees-kantoor in Nancy’s Tearoom beskikbaar.

Besoek gerus die Cederberg Rooibos Kunstefees se webblad by www.cederbergfees.co.za vir die volledige feesprogram en volg ook die fees op Facebook (@CederbergKunstefees), Twitter (@cederbergfees) en Instagram (@cederbergfees) vir daaglikse nuus en staan die kans om kaartjies na verskeie produksies te wen.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza
Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!
Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’
SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.