Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Stephan Visagie stel nuwe album bekend
Nuus

Stephan Visagie stel nuwe album bekend

Fanie Nel8 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Stephan Visagie se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Wanneer jy gelukkig is, geniet jy musiek. Wanneer jy hartseer is, verstaan jy die lirieke,” en sy eie musiek is ’n perfekte opsomming hiervan. Hierdie talentvolle kunstenaar het al verskeie liedjies op sy skrywerskerfstok, wat jou op reis vat deur ritmiese dansmusiek en nostalgiese hartsmusiek, en hy werk hard aan ’n splinternuwe album, wat luisteraars se stoutste verwagtinge gaan oortref.

Dié veertigjarige sanger se debuutalbum, 4Keeps, is in 2013 deur Vonk Musiek vrygestel – net nadat hy ’n plek as Top 10-finalis in die ATKV Liedjieskryfkompetisie behaal het. Dit is goed deur die publiek en radiostasies ontvang en is in dieselfde jaar benoem vir twee Bok Radio-toekennings (Liedjie van die Jaar, Nuwe Kunstenaar van die Jaar). In 2014 is hy ook benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Nuweling van die Jaar. Die titelsnit van die album het vir meer as 20 weke op Bok Radio en Overvaal Stereo se treffersparades gekuier en die musiekvideo is deur meer as 21 000 mense op YouTube gekyk.

Die enkelsnit is ook bekroon met ’n Top 20-toekenning deur VCR 90.6 en kry nog, saam met die tweede enkelsnit – Kronkelpad – wat gereeld speeltyd op die radio, televisie en by partytjies geniet. “Alhoewel ek my huis moes verkoop om die opname van my eerste album te finansier, is dit die moeite werd wanneer mense my musiek waardeer en beloon,” sê Stephan.

Stephan was intussen al ’n gas op Jukebox en JAM op kykNET, was deel van die Lekker TV Legendes-program wat deur Barney Simon aangebied is, het gesig gewys in verskeie publikasies soos Vrouekeur en het al by verskeie feeste opgetree en binnekort gaan sy derde album ook die winkelrakke tref. Die beplande liedjies se lirieke gaan, soos altyd, kunstig en eie aan sy styl wees.

“Ek werk al vir so ’n jaar aan die nuwe CD. Daar is iets van alles op die album, iets om op te dans, iets vir die verliefdes en iets vir die mense wat verlang. Vir my moet ’n liedjie se lirieke met my praat. Ek skryf nie hordes liedjies en dan kies ek net ’n paar nie. Ek het ’n paar en skaaf en skuur aan die musiek en lirieke tot ek gelukkig is daarmee. As ek iets hoor waarmee van my liedjieskrywervriende besig is, vra ek hulle net daar en dan of ek die liedjie kan kry,” verduidelik hy.

Die eerste enkelsnit vanaf sy Rondloper album, getiteld Sleutel Van My Hart is Stephan se gunsteling. “Soms kom die lirieke, melodie en vervaardiging perfek saam om iets baie mooi te vorm. Ek dink regtig dit het met die liedjie gebeur. Dis ’n liefdes-popballade sonder die woorde bokkie en baby. Die liedjie is ’n opvolg van Beter Helfte wat op die Wie is jy?-album verskyn het. Ek het geglo dis romanties om aan net een persoon die sleutel van jou hart toe te vertrou en hulle met alles wat daarin is op te skeep”.

Daar is ook ’n bonussnit op die CD met die naam Dromers. Dit is geskryf vir Ribbons4Roses. “Ek is trots om te sê dat ek omtrent so vier jaar gelede amptelik hulle eerste ambassadeur geword het. Dis ’n klein organisasie wat daarop fokus om plattelandse kinders met kanker en outisme te help,” sê hy.

Stephan se jongste album bevat dertien kookwater treffers.

VINNIGE FEITE

Gunstelingtydverdryf

Om saam met vriende te kuier en te lag

Ander belangstellings

Wild- en natuurfotografie

Gunstelingkos

Steak

Gunstelingsangers

Steve Hofmeyr, Andriëtte Norman, Neil Diamond, Dr Hook en Aerosmith

Gunstelingfliek

The Imitation Game

Gunstelingakteur

James Spader

Bly op hoogte van Stephen se loopbaan deur sy Facebook-blad te like of hom op Twitter en Instagram te volg.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.