Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Adam Tas se nuwe album nóú beskikbaar

Aanhangers van die sanger Adam Tas meen die sanger het ’n unieke manier om hartslirieke en musiek tot iets te verweef wat die luisteraar aangryp en direk tot die siel spreek.

Sy jongste album, Patatas en Pyptabak, is geen uitsondering nie.

Só lyk Adam Tas se splinternuwe album

Die album bestaan uit 13 snitte wat in tipies Adam Tas-styl stories van mense, liefde, vriendskap, verlies, lewensreise, eenheid en hoop vertel met ’n duidelik patriotiese en onbeskaamd-geestelike ondertoon.

 

Luister gerus uit vir snitte soos Melken-heuning-vrou, Die laaste kitaar op aarde, Afrikagrond, My moeder is ’n taal en Manna vir die boere.

Krone 3 ’n hoogtepunt op die musiek kalender

Die album sluit ook twee duette in. Die tong-in-die-kies Ek slaap sleg sedert ek dood is met Ricus Nel en die Nick Cave-gunsteling, Where the wild roses grow, met Andriëtte.

Die album, Patatas en pyptabak, is tans in musiekwinkels regoor die land beskikbaar, en kan ook op iTunes.

Adam Tas is 15 Oktober in aksie by Die Boer te sien