Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Feeste

Feesgangers behoorlik bederf by Madeliefie Makietie

Fanie Nel4 Oktober 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die Matzikama was die naweek in rep en roer met die Madeliefie Makietie waar feesgangers nie net bederf is deur van ons land se grootste kunstenaars nie, maar ook net lekker kon saam kuier en die beste wyn, bier en kosse uit die streek kon geniet.

Die fees het afgeskop met die immergewilde Mej. Madeliefie-kompetisie, met Snotkop as gaskunstenaar. Vrydag-oggend was daar pret en kompetisies by die Agri-Werkersdag en Vrydagaand het  kunstenaars soos Wynand en Chereé, Hendrik Spangenberg, Refentse, Theuns Jordaan, Ricus Nel en Liza Brönner die verhoog behoorlik aan die brand gesing.

Draadloos: Hendrik Spangenberg gesels oor digitale-album

Hendrik Spangenberg op die verhoog
Rooies kondig die Agri-wenners aan
Feesgangers staan vir ’n vinnige kiekie

Saterdag was die beurt van kunstenaars soos Kurt Darren, Adam, Elvis se Seun en Karen Zoid. Die Daisy Zing-kompetisie en die damesoggend met André Schwartz was ook hoogtepunte. “Mense het van alle hoeke van die land gestroom om saam te makietie op Vredendal,” sê Cindy Schade, skakelbeampte van Madeliefie Makietie.

“Die aantal besoekers het ons verwagtinge oortref,” vertel sy verder. Madeliefie Makietie is nie iets wat net een keer ‘n jaar plaasvind nie, dis ‘n voltydse leefstyl-program en elke sent wat by die fees genereer word, word teruggeploeg in die omgewing en sy mense.

Elvis se Seun op die verhoog
Refentse op die verhoog
Feesgangers geniet hulself op die ritte
Die feesterein was ’n miernes

“Finansiële en projekte-hulp word aan alle skole in die Matzikama-gebied, wat ʾn befondsingsversoek indien by die komitee, verleen.”

Feesgangers kan gerus ook volgende jaar se datums in hul dagboeke aanbring. Madeliefie Makietie 2017 vind plaas vanaf Donderdag, 28 September tot Saterdag, 30 September 2017.

Volg Madeliefie Makietie op Facebook, Twitter en Instagram.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!
Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.