Skrywer: Fanie Nel

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

Kaartjies vir vanjaar se Madeliefie Makietie, wat vanaf Donderdag, 29 September tot Sondag, 2 Oktober 2016, op Vredendal plaasvind, word reeds vinnig opgeraap. Feesgangers word dus aangeraai om kaartjies vroegtydig te koop. Kunstenaars soos, Karen Zoid, Kurt Darren, Theuns Jordaan, Refentse, Snotkop, ADAM, Elvis se Seun, Wicus van der Merwe, Ricus Nel, Liza Brönner, Wynand en Chereé, Dr. Victor & The Rasta Rebels, Hendrik Spangenberg en Rooies, sal by vanjaar se fees optree. Daar is ook verskeie musikante wat op die Castle-verhoog gaan optree en ATKV-stoepstories word ook vanjaar aangebied. “Ons het ’n wye verskeidenheid van kunstenaars by die jaar…

Lees meer

Die sanger en liedjieskrywer, Rudi Claase, wat deel is van die groep Die Lieflinge, het Dinsdag tydens ’n intieme geleentheid met sy liefling, Suzette Booyens afgehaak. Volgens Maroela Media het dié twee in 2015 verloof geraak ná hulle deur ’n gemeenskaplike vriend ontmoet het in 2014. Die sanger het Woensdagoggend behoorlik op sosiale media gekoer. “Die eerste oggend wat ek wakker word as ’n getroude man en dit met my sielsgenoot.  Love you, my baby. Dankie vir elkeen se gelukwense gister” het hy geskryf. Rudi steel ook harte saam met sy sangmaat, Charné Hugo, wat sedert 2014 saam met hom…

Lees meer

Twintig jaar terug het die Coleske broers, Arnold en Ewald die deure van Coleske Artists geopen. Sedertien het hul reeds suskesvolle kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Corlea en vele meer op hul boeke. Benewens die suskesvolle kunstenaars is dié maatskappy ook verantwoordelik vir een van Suid-Afrika se wêreld-klas produksies, Afrikaans is Groot en die meer onlangse, Classics is Groot. Maandagaand het die platemaatskappy 20 jaar gevier met ’n glans- en toekenningsaand. #20JaarColeskeViering pic.twitter.com/71MJ3e4rFw — ronelbrink (@ronelbrink) September 12, 2016 Alles reg vir Coleske Artists 20 Jaar Viering en Toekennings. Ons gaan amper afskop. Gaste arriveer nog pic.twitter.com/8uKX1OwiLm —…

Lees meer

Binnekort gaan daar vir twee dae boeremusiek gepraat, gedans en geslaap word wanneer die Grootvoël Boeremusiekfees vir ’n derde keer op Vrydag, 23 September en Saterdag, 24 September op Oudtshoorn aangebied word. Dié gewilde boeremusiekfees het sy ontstaan te danke aan Willem Marais en Daantjie Kotze wat tydens ’n skoolreünie in 2014 besluit het om ’n fees eksklusief met boeremusiek te begin. Oudtshoorn is ook alombekend as die “grootvoël paradys”, daarom die naam vir die fees. Ses orkeste het saam gespeel en gesorg vir ’n groot samekoms in sy eerste jaar. “Een van die groot liefdes in my lewe is…

Lees meer

Die gewilde sanger en televisie-aanbieder, Pieter Koen is terug met ’n splinternuwe enkelsnit en natuurlik spog by met ’n kraakvars video wat met dié treffer gepaard gaan. Boobs, Boude, Bene is Vrydag eksklusief op iTunes vrygestel en nes sy vorige treffers soos, Tattoo en Drie Susters lekker tong-in-die-kies liedjies wat gaan sorg vir lekker saamsing-oomblikke. Pieter Koen het reeds die vermaaklikheidsbedryf in 1997 betree, maar dis die treffer Skud Jou Buscuit wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, nege albums en ’n rits toekennings die sanger nog steeds aan om musiek te maak.…

Lees meer

Georic Lomas wat die rol van Morné in die rolprent As Jy Sing vertolk het, is terug met sy debuut enkelsnit wat in die komende week bekend gestel sal word. Hy wou nie veel verklap nie en het dié video op sy Facebook-blad gedeel met die byskrif: “Meer inligting volgende week.” Intussen het sy platemaatskappy, Inhoud Huis ook so paar agter-die-skerms oomblikke gedeel op Twitter.

Lees meer

Die manne van DZL het vanaand op ons Facebook-blad gekuier. Hulle het so bietjie musiek gemaak en so paar vrae geantwoord van hul bewonderaars. Loer gerus na van die hoogtepunte in die video hier onder: Kyk ook: Só skop Deon Groot #FridayLive af Ons het die manne onlangs van nader leer ken en hulle genader om deel van ons opwindende nuwe aanlyn video geselsies te wees. Laat weet ons gerus op ons sosiale media wie jy volgende week wil sien. Indien jy die geselsie misgeloop het, loer gerus in op hul Facebook-blad en gesels verder daar.  Dankie vir die kuier…

Lees meer

Ná die reuse sukses van sy vorige album, Wat Die Hart Van Vol Is, is die gewilde sanger en aanbieder, Pieter Koen terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Boobs, Boude, Bene. Dié tong-in-die-kies treffer is vandag op iTunes vrygestel is beloof om nóg ’n treffer onder oud en jonk te wees. Pieter Koen het reeds die vermaaklikheidsbedryf in 1997 betree, maar dis die treffer Skud Jou Buscuit wat van hom ’n huishoudelike naam gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, nege albums en ’n rits toekennings die sanger nog steeds aan om musiek te maak. As Pieter Koen nie musiek…

Lees meer

2016 is beslis ’n warrelwind wonderwerk vir Leah. Nie net moes sy plek maak vir ’n Ghoema en drie Huisgenoot Tempo-toekennings in haar huis nie, maar sy moet ook bontstaan om ’n besige toerskedule na te kom. Nie dat sy omgee nie – dis haar manier om bewonderaars te bedank vir hul ondersteuning en wat net as ’n ongelooflike begin van haar sangloopbaan bestempel kan word. So, na Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo, kom nog ’n “Beste,” naamlik BESTE NUUS: LEAH se debuutalbum Wonderwerk word binnekort heruitgereik met vier bonussnitte. Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor…

Lees meer

Die sanger en liedjieskrywer, Manie Jackson se splinternuwe album, In Duet Met Ons Legendes, het goue status behaal. Dié goeie nuus is op Select Musiek, Manie se platemaatskappy se Facebook-blad gedeel. Manie Jackson sing duette met van ons land se gunstelinge op die album. Baie geluk Manie!

Lees meer