Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Afrikaanse groep skitter op loopplank in Namibië
Nuus

Afrikaanse groep skitter op loopplank in Namibië

Fanie Nel7 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die manne van die sanggroep, DZL, is ou bekendes wanneer dit by die loopplank kom en die afgelope naweek het hulle behoorlik hulle staal in Namibië gewys. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie is deur die organiseerders van die Windhoek Modeweek uitgenooi om deel te wees van hierdie baanbreker geleentheid.

Dit was die eerste modeweek wat in Namibië gehou is en bekende name, onder wie Suid-Afrikaanse ontwerper, David Tlale, wat ook al vele keer sy werk by modeweke soos New York ten toon gestel het, was ook deel van die geleentheid. Ander bekende ontwerpers vir wie DZL ook op die loopplank verskyn het was Palse Homme, Hafeni Frans en Be Yourself by Puma.

“Dit was ’n ongelooflike voorreg om deel te wees van hierdie geleentheid. Namibië is bekend as ’n hub vir ontwerpers en mode oor die algemeen en daarom kon ons nie anders as om ja te sê toe hulle ons vra om betrokke te raak nie. Om vir ontwerpers soos David Tlale en Palse te loop was beslis loopbaan hoogtepunte,” vertel Andries.


Onder die organiseerders van die geleentheid was Luis Munana, ’n voormalige wenner van Big Brother Africa en ook ’n bekende model. Die produksie was deur die Kaapstadse groep, Group of Creatives, behartig wat ook vir geleenthede soos SA Menswear Week verantwoordelik is.

Die modeweek was nie sonder sy voorvalle nie. Die geleentheid is veronderstel om op die dak van een van die grootste winkelsentrums in Windhoek gehou te word maar net voor die aanvang van die eerste aand het ’n groot reënbui uitgesak; die eerste in 3 jaar vir Windhoek, en verrigtinge is na die volgende dag uitgestel.

Buiten Windhoek Modeweek het Andries en Wiaan onder andere ook al aan New York Fashion Week, Ghana Mercedes Benz Fashion Week, SA Menswear Week, Durban Fashion Fair, SA Fashion Week en vele meer deelgeneem. Andries is ook vanjaar aangekondig as Cosmopolitan se Mooiste Man vir 2016.

Tussen die modelwerk deur sing DZL-manne voltyds en het vanjaar ook hulle nuwe album beskikbaar gestel. Hulle nuwe musiekvideo Ek laaik dit’ gaan binnekort vrygestel word.

“Ons is baie opgewonde om die nuwe album met almal te deel. Dit was ongelooflik pret om dit op te neem en ons het so ‘n verrassing of twee vir julle,” sê Wiaan.

Alle foto’s is geneem deur SDR Foto

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.