Afrikaans is Groot: Voorbereidings volstoom aan die gang
Die Afrikaans is Groot-konsertreeks skop vandeesweek af by die Moreleta Park Ouditorium in Pretoria, en daar word reeds gewoeker om als in plek te kry vir die vyfde aflewering van dié konsert.
Besig om “backstage” vir #AfrikaansIsGroot2016 Kunstenaars reg te kry. So vinnige kykie vir jou. Loer gerus pic.twitter.com/R7ik0pMqPO
— Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) November 7, 2016
Vanjaar se konsert sluit kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Bok van Blerk, Jay, Laurika Rauch, Dewald Wasserfall, Riana Nel, Lianie May, Corlea en Jannie Moolman in.
Benewens al die staatsmakers kan konsertgangers ook verskeie asemrowende verrassings verwag. Een van dié vele verrassings is die Nederlandse-sangsensasie, Amira, wat ook te sien was by Classics is Groot vroeër vanjaar.
Sosiale media is ook reeds aan’t gons oor die konsert. Foto’s en videos word wyd gedeel – van repetisies tot aantrekkamers.
Daar is nog ’n aantal kaartjies vir Donderdag, 17 November en Donderdag, 24 November oor. Klik hier om kaartjies te koop.
Tegniese span en tegniese beheerkamer hard aan werk om alles reg te kry vir #AfrikaansIsGroot2016. So lyk dit pic.twitter.com/QRv2qhr7wN
— Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) November 7, 2016