Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Roerende oomblik toe sanger platekontrak oor die lug ontvang

Fanie Nel3 November 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link
14479511_403513963105936_1771722389276696895_n
Elandré Schwartz. Foto: Facebook

Die 21-jarige Elandré Schwartz was nog altyd passievol oor musiek en die musiekindustrie. Dié ster, van Despatch in die Oos-Kaap, het reeds van ’n vroeë ouderdom sy passie vir musiek begin kweek, en by klein venues begin optree, maar hy sou nooit kon raai dat sy lewe só drasties verander sou word toe hy Maandag by die Bok Radio 98.9 FM en Bok TV-ateljees instap.

Elandré het ’n platekontrak van Select Musiek ontvang.

Die onderhoud het afgeskop met ’n doodnormale geselsie met die Bok Breakfast aanbieders, Wimpie van der Sandt en Le-Lue Roode, waarna hy een van Bruce Springsteen se liedjies Tougher Than The Rest en Josh Turner se Your Man gesing het.

Ernst Kleinhans van Select Musiek was op die telefoon ná sy optrede om die groot nuus regstreeks tydens die uitsending met hom te deel. “Ek is bied jou ’n platekontrak vanaf Select Musiek, ’n afdeling van Sony Music Entertainment.” het Kleinhans gesê. “Jy verdien om gehoor te word, en om ’n CD uit te reik.”

Elandré deel in die geselskap van bekendes soos Kurt Darren, Nicholis Louw, Refentse, Andriette, Snotkop, Brendan Peyper en vele meer.

Dit het egter nie net daar gestop nie. Die Bok Radio-span het ook gesorg vir ’n paar optredes en hy gaan deel wees van die Bok Radio Bootreis wat in Januarie 2017 vertrek.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.