Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

ADAM stel nuwe musiekvideo vry

Fanie Nel11 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Na drie suksesvolle albums en ‘n kortspeler saam met Daniel Baron, is die popgroep ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se splinternuwe album, Hoogtevrees, pas uitgereik!

Die titelsnit van die album is reeds ‘n paar weke gelede uitgereik en pryk op talle radiostasies landswyd se trefferparades.  Die musiekvideo vir die liedjie is ook vandag bekendgestel.

Die meeste mense sal kan identifiseer met die liedjie Hoogtevrees, vertel Hugo Ludik wat dit saam met sy sangmaat Reynardt Hugo geskryf het. “Dit gaan oor ‘n romantiese verhouding wat by ‘n kruispad kom en jy dan wonder: wat nou?”  Dikwels sal ‘n mens dan die verhouding in twyfel trek en wonder of dit gaan werk of nie. Hugo verduidelik dit is dan dat jy soms maar net jou oë moet toeknyp en ‘n geloofsprong maak. “Jy moet van die verlede vergeet en op ‘n skoon bladsy begin,” is sy advies.

Hy beskryf Hoogtevrees as ‘n “polsende popliedjie met ‘n vinnige tempo waarop jy lekker sal kan dans”.

Oor die uitreiking van die volledige album is die manne net so opgewonde. Hugo vertel dat hulle twee jaar lank aan hom gewerk het, en daarom is dit beslis die album met die sterkste liedjies op. “Dit is in ‘n tipiese ADAM-styl waaraan ons ondersteuners gewoond is. Ons het daardie fondament behou maar tog ook ‘n paar nuwe klanke ingebring,”verklap hy.

ADAM is sekerlik een van die mees produktiefste groepe vandag in Suid-Afrika. Na hul eerste album, Adam, in 2011 verskyn het, het hulle Vir jou gemaak (2012) en daarnaGoud (2014) uitgereik. Al drie hierdie albums het goue status bereik.

In 2014 sing hulle die liedjie Sal oorlog vir jou maak in die plaaslike lokettreffer-fliek, Pad na jou hart, wat ‘n oornag-sukses vir hulle word. Dit boer nie net op die treffersparades nie, maar ontvang ook ‘n Huisgenoot Liedjie van die Jaar-nominasie asook ‘n Ghoema-toekenning vir Liedjie van die jaar.

Ander Ghoema musiektoekennings op ADAM se kerfstok sluit in Beste Nuweling (2011) en Groep van die Jaar (2015).

Verder tree hulle vir drie jaar agtereenvolgens (2012 – 2014) by die Huisgenoot Skouspel in die Sun City Superbowl op.  ADAM skuur ook skouers met internasionale kunstenaars. Hulle open vir die Ierse groep, Westlife, in Namibië (2011) en vir die Australiese rockgroep, Air Supply, tydens hul Suid-Afrikaanse toer (2014).

Kyk na die video hier onder:

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.