Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Feeste

Een van Suid-Afrika se oudste feeste is terug

Fanie Nel23 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Calvinia is skaapwêreld en die laaste naweek in Augustus is alles en almal, in en om die dorp, in rep en roer as die jaarlikse Vleisfees op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Augustus 2016, plaasvind.

Vanjaar, is dit reeds die 26ste fees en die hoofdoel van die fees is om die heerlike, geurige skaapvleis van die streek te bevorder. Beslis ’n hoogtepunt op die kalender.

Tydens hierdie gesogte geleentheid sal besoekers die geleentheid hê om saam met familie en vriende aan al die feestelikhede deel te neem wat vanjaar op die spel is. Dit sluit onder andere top gehalte Afrikaanse kunstenaars, kosstalletjies en ’n reeks opwindende aktiwiteite in.

Kunstenaars wat by die fees optree sluit onder meer Kurt Darren, Mathys Roets, Klipwerf Orkes, Christo en Cobus, Manie Jackson en Dillon Lerm in. Daar is dan ook baie aktiwiteite waaraan feesgangers kan deelneem, insluitende ’n vleiseet-kompetisie, ’n bergfietsrit, ’n sterkman-kompetisie en ’n 16km landloop-wedren. Feesgangers kan ook verskeie tentoonstellings bywoon, soos die skaapskeerdemonstrasie, rieldansers, trompoppies en ’n laservertoning.

Nog ’n vertoning wat nie misgeloop moet word nie is Arno van Zyl en Boesman van Zyl se Stompe Stories wat feesgangers sal laat huil van die lag. Hierdie spesiale geleentheid word aangebied in die ou storie-vertelling tradisie van groot name soos Tolla van der Merwe en kan daarom beslis nie misgeloop word nie.

Kaartjies is slegs by die hekke beskikbaar teen R40 vir volwassenes en R10 vir kinders op Vrydag, 26 Augustus en teen R80 vir volwassenes en R40 vir kinders op Saterdag, 27 Augustus. Toegang sluit vasdans en vertonings van kunstenaars in.

Besoek gerus die fees se webblad of volg hulle op Facebook, Twitter en Instagram vir meer inligting oor die fees.

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!
Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027
‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!
Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.