Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Broer-trio sing temalied van nuwe Afrikaanse fliek
Nuus

Broer-trio sing temalied van nuwe Afrikaanse fliek

Fanie Nel17 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, word op 15 Augustus 2016 vrygestel en is die begin van groot dinge vir 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. “Ek en die regisseur is ’n ruk terug deur 1925Band genader om vir hulle ’n musiekvideo te maak. Ons het toe meer gaan uitvind oor hierdie groep, wat hoofsaaklik in kroeë in en rondom Centurion speel, en was baie beïndruk met hulle optrede en die harmonieuse manier waarop hulle saam sing. Daarom het ons besluit om vir hulle die geleentheid te gee om ’n temalied vir die fliek, waarmee ons besig was, te skryf en die eerste demo het ons asems weggeslaan. Daarna het ons dadelik saam met hulle begin werk,” sê Jarrod de Jong, mede-skrywer en vervaardiger van dié nuwe romantiese komedie. “Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ’n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ’n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. Dis catchy en het dieselfde effek as wat Roxette se It must’ve been love in Pretty Woman gehad het,” sê hy.

1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle styl kan hoofsaaklik as akoestiese folk beskryf word en die harmonieuse manier waarop hulle stemme by mekaar inskakel, asook die gevoel wat in elke liedjie na vore kom, is juis wat hulle musiek so lekker maak om na te luister. “Ons skryf musiek met baie emosie in die lirieke en melodieë en ons wil hê dat elkeen wat daarna luister dit moet voel. Dit is immers wat van liedjies treffers maak en waarmee luisteraars kan identifiseer,” vertel Reno, die ouboet van die groep. “David en Jeff skryf die meeste van die liedjies en word gewoonlik geïnspireer deur alledaagse gebeurtenisse, verhoudings en ervaringe van ons self en ander mense.”

David se meisie was oorspronklik die inspirasie agter die liedjie, Eintlik Nogal Baie. “Ons is gevra om die temalied van die fliek te skryf en het besluit dat ons ’n bestaande liedjie gaan gebruik en hier en daar ’n bietjie gaan verander sodat dit perfek pas. Die liedjie gaan oor hoe vêr ’n mens sal gaan om geluk te vind en hoe lief jy kan raak vir iemand. Die ou wil ’n meisie hê om alles saam met hom te doen. Hy soek haar, die perfekte meisie, en wanneer hy haar kry, is hy gelukkig. Die wysie van die liedjie is vars en anders en luisteraars sal kan saamsing, maar ook terselfdertyd verlief, hartseer en opgewonde wees, wanneer hulle daarna luister,” verklap Reno.

Die groep gaan ook binnekort by die ATKV Applaus-korekompetisie, by die Kruiskerk in Stellenbosch, optree. “Ons gaan elke aand vir dertig minute op die verhoog wees en sowat sewe liedjies sing. Ons beplan ’n kombinasie van ons eie musiek, asook covers van Afrikaanse en Engelse gunstelinge. Wat ons sing, word gewoonlik bepaal deur die gehoor se voorkeure. Die kore sing Eintlik Nogal Baie vir die kompetisie en ons is daarom gevra om as gaskunstenaar op te tree. Dit is vir ons goeie blootstelling en ervaring.” 

Alhoewel 1925Band nog nie ’n amptelike CD op die rak het nie, spog hulle met ’n privaat album, Horizon, wat nie minder nie as agt oorspronklike snitte bevat.“Ons gunsteling liedjies is Gedig Op Jou Arm en Eintlik Nogal Baie, omdat dit lekker is om na te luister en vir ons spesiale betekenis het. Die paar kort videos wat ons self opgeneem het, is ook baie positief deur die publiek ontvang.”Hulle het ook al by verskeie feeste opgetree, waaronder die Innibos-fees in Nelspruit. Die broers het nog baie planne vir die toekoms, wat ’n landswye en oorsese toer insluit, en hulle sal ook nog graag saam met kunstenaars soos Karen Zoid, Emo Adams en Elvis Blue wil optree, maar vir nou fokus hulle eers op die wonderlike uitdagings wat onlangs oor hulle pad gekom het.

Die fliek, Eintlik Nogal Baie, is gebaseer op ’n draaiboek met die naam Ally. Jarrod het die karakters geskep en die storie is gelaai is met ’n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie.“Die storie gaan oor Jay van Niekerk (André Lötter), ’n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-illustreeder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ’n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet, met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese manier. Kykers moet definitief genoeg sneesdoekies saam vat wanneer hulle die film gaan kyk,” vertel De Jong.

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI, word deur Times Media Films versprei en die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure). Die film word op 24 Augustus 2016 om 16h00 by die kykNET Silwerskermfees vertoon in Kampsbaai asook internasionaal by due Ghent Filmfees in België voor dit op 4 November 2016 in fliekteaters, regoor die land, vrygestel word.

1925Band stem saam met Plato dat musiek die siel van die heelal is, net soos wat hulle enkelsnit deel is van die hart en siel van hierdie splinternuwe Afrikaanse fliek.

Luiste gerus na ‘n voorsmakie van die temalied hier: 

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.