Goeie nuus vir Riana Nel
Riana Nel se splinternuwe album, Jy Sal Weet is skaars ’n paar weke oud en het reeds goue status bereik. Afrikaans is Groot het dié goeie nuus vroeër vandag op Twitter aangekondig.
GROOT Nuus: Riana Nel bereik GOUE STATUS binne weke. Geluk met hierdie ongelooflike prestasie.Trots op Jou @ririnel pic.twitter.com/scgazoc2Ob
— Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) August 22, 2016
Benewens die goue status pronk haar album vir ’n tweede week in ’n ry in die eerste plek op Musica se rakke. Die musiekvideo vir die titelsnit van die album is ook onlangs op die kykNET-program, Jukebox bekendgestel.
WOW !! Baie geluk Riana Nel … 2de week in n ry no 1 op @MUSICA_AFRICA se treffersparade @ririnel pic.twitter.com/thJuo0opdl
— Afrikaans is Groot (@AfrIsGroot) August 22, 2016
Baie geluk met jou prestasie Riana.