Nuwe Adam Tas album binnekort op die rakke

As jy ’n Adam Tas aanhanger is kan jy gerus ’n nota in jou dagboek maak. Sy splinternuwe album, Patatas en Pyptabak sal in Oktober die winkelrakke tref. “Het besluit om al die oudword lyne en grys hare maar in te los en dit nie deur photoshoppie te druk nie. Jy sal my maar moet vat soos ek lyk.” het Adam vroeër op sy Facebook-blad geskryf.

Adam Tas was ook deel van die Krone 3 konsert wat onlangs by Carnival City aangbied is. Klik hier om na van die hoogtepunte te kyk.