Jy gaan verseker twee keer dink wanneer jy die manne van DZL ontmoet. Hulle is nie net sag op die oog nie, maar uiters talentvol en is geen vreemde gesig op verhoë regoor die wêreld. Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, wat eers as solo-kunstenaars opgetree het onlangs kragte saamgesnoer ná die twee ’n platekontrak by NextT en Just Music, in samewerking met Sony BMG geteken het. Hulle stel ook hul selfgetitelde-album vry waarvan talle snitte op die album op radiostasies reg oor die land gespeel word. Hul eerste enkelsnit vanaf die album, Vind Jou Pad, het ook die trefferparades…
Skrywer: Fanie Nel
Liza Brönner is beslis Suid-Afrika se Liefling en met haar nuwe album, wat in Julie vanjaar die rakke getref het, gaan sy nóg verder in gehore se harte kruip. Dié nuwe album volg kort na die sukses van haar vorige album Jy het my gevind’ wat ’n in-diepte kyk was in haar lewe, voor en na die Liefling reeks. Haar eerste enkelsnit Hamer is soos die oorgrote meerderheid van die album liedjies, deur Liza self geskryf. Sy het ook hulp gehad van industrie veteraan, Jake Odendaal, wat ook vir die algehele produksie verantwoordelik was. Vaughan Gardiner het met die stemproduksie…
Die musiekvideo vir die temalied van die nuwe fliek, Eintlik Nogal Baie, deur die 1925Band, is pas hierdie naweek bekendgestel! Die temalied is reeds op 15 Augustus 2016 vrygestel en is die begin van groot dinge vir 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek. Die liedjie, met dieselfde titel as die film, is ‘n liefdesverhaal en storie op sy eie, en ‘n mooi ballade wat toewyding in ander inspireer. https://www.youtube.com/watch?v=BfZklMETxX0 1925Band bestaan uit drie musikale broers, Reno, Jeff en David-Lee Gericke, wat in 2010 besluit het om professioneel te begin musiekmaak. Hulle…
Vrydae gaan nóg lekkerder wees, want ons het elke Vrydag ’n spesiale gas wat regstreeks op ons Facebook-blad met jou gaan kuier. Die gewilde Bietjie Liedjie-sanger, Deon Groot het eerste ingestem en het die kuier behoorlik afgeskop. Hy het klokslag 12:00 regstreeks saam met ons gekuier en so bietjie musiek gemaak het. Loer gerus na die kuier hier onder. Kry gerus jou vrae reg, want jy weet nooit wie volgende saam gaan kuier nie.
Die gewilde sanger en aanbieder, Emo Adams en sy vrou Michelle Gildenhuys gaan binnekort nóg ’n kleinding ryker wees. Emo het dié opwindende nuus op Facebook en Twitter gedeel met die onderskrif: “In ander lente-nuus…” In Other Spring News… pic.twitter.com/Bv1u9K1Nya — emo adams © (@emoadams) September 1, 2016 Die paartjie het hul eersteling, Kadar Zayn, in Julie verlede jaar verwelkom. Sy seuntjie se naam is vir hom spesiaal. Baie geluk, Emo, Michelle en Kadar Zayn!
Die Hanna Charity uitreik vind jaarliks in November plaas. Tydens dié uitreik word kospakkies aan minderbevoorregte mense in Pretoria Wes geskenk en jy kan ’n bydrae maak. Hanna Charity benodig sowat 3 500 kospakkies wat verpak moet word in ’n boks, skottel of emmer. Dis kospakkies móét die volgende bevat; mielie meel, lekkers, soya mince, koeldrank, blikkies kos, rys, suiker, tee, koekies, pasta en soppe. Die foto hieronder dien as voorbeeld. Só kospakkie sal jou sowat R350 kos. Ou klere vir mans, dames of kinders is ook meer as welkom. Indien jy meer inligting oor die uitreik benodig, skakel gerus…
Ongeveer 7 000 feesgangers – die meeste nóg – van regoor Suid-Afrika het in hul hordes gestroom na die jaarlikse Hantam Vleisfees die afgelope naweek op Calvinia. “Ons is so bly dat besoekers van regoor Suid-Afrika ons fees in sulke groot getalle kom bywoon het. Dit was vir ons ’n wonderlike belewenis,” vertel Simey de Klerk, een van die feesorganiseerders. Dié fees, wat ingestel is om die produksie van skaapvleis vanuit die streek te bevorder, het vanjaar sy sewe-en-twintigste bestaansjaar gevier. Soos die naam beloof, was daar geen gebrek aan vleis nie – skaapvleis, spesifiek. Die kosstalletjies het gesorg vir…
The Voice SA se Vernon Barnard het nie net die afrigters se hartsnare geroer nie, maar ook talle kykers tydens die oudisie-rondte. Dis uiteidelik, Bobby van Jaarsveld wat hom gewen het vir sy span en na nuwe hoogtes geneem het. https://www.youtube.com/watch?v=y5v5WaNjalU Nou is dié sanger terug met sy debuut-enkelsnit, I Like It That Way, wat later vandeesweek op iTunes vrygestel gaan word. Universal Musiek, wat ook van die deelnemers soos Gavin Edwards geteken het, het vroeër vanjaar aangekondig dat hulle Barnard gaan teken. “Daar was regtig baie talent in die eerste seisoen van die reeks” sê Kevin Grenfell, hoof van…
Die liedjie, Soos Reën speel reeds vir ’n geruime tyd op radiostasies landwyd en nou is die musiekvideo daarvan ook bekendgestel. Henrico verklap dat die video in die aand geskiet is en dat dit bitter koud was. Hy is egter baie opgewonde oor die eindresultaat en sien daarna uit om dit nou met die publiek te deel. “Die tema van die musiekvideo is eintlik baie eenvoudig. Dit is ek wat in ’n ou, verlate sitkamer sit en klavier speel. Maar skielik begin dit reën in die kamer. Dit was vir my so lekker om soveel mense om my te hê…
Die sesde Bokkie-toekennings word Sondag, 2 Oktober 2016 by GrandWest Casino in Kaapstad oorhandig. Ná ’n publiek nominasie-veldtog is die benoemde uiteindelik bekend gemaak. Hier is die benoemdes: NUWELING VAN DIE JAAR Demi Lee Moore Enja du Plessis KayCee Nagligte The Vanilla SANGER VAN DIE JAAR Arno Carstens Elvis Blue Francois van Coke Heinz Wickler Kurt Darren Pierre Rossouw Snotkop LIEDJIE VAN DIE JAAR – AFRIKAANS Cool Soos Koos Kombuis – Snotkop Dit Stop Nou – Nagligte Ek Weet Nie – Francois van Coke en Arno Carstens Kaalvoet Sokkie – Kurt Darren Liefde Is ’n Werkwoord – Andriëtte My Kamer…