Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Marno van der Merwe is gebore om te vermaak

Fanie Nel22 Augustus 2016
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Veelsydige kunstenaar, Marno van der Merwe, se splinternuwe musiekvideo – Uitverkoop aan ons – is pas bekendgestel en die tema is passie en toewyding in ’n verhouding. Kyle White is die regisseur en Marno sê dat dit ’n groot voorreg was om saam met hom te werk.

Marno het van dag een af diep spore kom trap in die harte van aanhangers regoor die land. Vandag is dié 31-jarige blondekop ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met talle verhoog-, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en solo-kunstenaar by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en het nog hope planne en drome vir die toekoms.

Alhoewel hy geen formele teater-opleiding of -ondervinding gehad nie, was dit nog altyd sy droom om mense te vermaak en het hy reeds van jongs af begin gaan vir oudisies. Sy loopbaan het begin vlam vat, toe hy in 2008 uiteindelik ’n rol in ’n Barnyard-produksie losgeslaan het. Dit was so ’n groot sukses dat nog tien produksies daarna gevolg het saam met dieselfde maatskappy. Hierdie ondervinding het hom ook gehelp om voor te berei vir verskeie verhoogproduksies in Pretoria Staatsteater, waaronder Ester (2011), Dawid (2012), Jesus (2013) en Liefling (2013).

Marno se talent is egter nie net beperk tot die verhoog nie en in 2011 maak hy sy debuut in die kykNET-dramareeks, Hartland, en in 2012 sy buiging op die silwerskerm in die rol van Frank Fouché in die lokettreffer Pretville. “Ek het die rol van Frank vreeslik geniet omdat ek nog altyd daai tipe ding wou doen en Frank het geen beperkings nie. Ek hoop ek kan hom weer eendag speel en met ʼn groter storielyn. Ek dink hy sal altyd ’n kyker-gunsteling wees”, vertel hy trots. Sy indrukwekkende vertolking van die opkomende sanger met psigopatiese neigings in Die Ballade van Robbie de Wee het groot opslae gemaak in 2013 en hom ’n gesogte keuse gemaak onder film- en televisieregisseurs. Twee jaar daarna kry hy die rol as hoofkarakter, Dillion Pretorius, in die SABC-reeks Roer Jou Voete, wat vir ses maande lank op die kassie was en word hy ook ’n huishoudelike naam as die sanger, Brad Jooste, in die eerste (2014) en tweede seisoen (2016) van die kykNET-reeks Sterlopers. In Sean Else se dramatiese Anglo-Boereoorlog fliek, Modder en Bloed, vertolk hy ook die karakter JJ Ratel Wessels. “Ek is baie trots op dié fliek,”sê Marno, “veral omdat ek nog altyd graag in ’n geskiedkundige storie wou speel. Dat die fliek boonop iets van ons eie geskiedenis vertel, maak dit net ’n groter bonus. Ek hou daarvan om rolle met diepte te speel, wat vir my ʼn uitdaging is en waarmee ek myself kan verryk.”

Marno is ook onlangs aangewys as die aanbieder van die kykNET-koorkompetisie, Varsity Sing, waaroor hy baie opewonde is. “Dit is iets heeltemal nuut vir my en ’n lekker uitdaging om voor ’n lewendige gehoor op te neem. Twaalf universiteitskore neem deel om as die beste koor vir 2016 gekroon te word. Die beoordelaars bestaan uit die beste koorkenners en –dirigente in die land en daar word elke maand twee episodes geskiet. Ons behoort teen Oktober klaar te wees. Dit is vreeslik lekker om nuwe mense te ontmoet en iets anders te doen,” verklap hy.

Alhoewel hy mal is oor toneelspeel, was sing nog altyd sy grootste passie en het sy kinderdroom in 2016 waar geword, met die uitreik van sy debuut-album, O My Liefde. “Dit bestaan uit lekker-luister-musiek wat mense emosioneel sal raak,” vertel Marno. Hy en die musiekvervaardiger Harshin Reddy het saam hieraan gewerk, geskryf en opgeneem. Volgens hom is die album ’n mengsel van alternatiewe en popmusiek. Hy het ses van die liedjies self geskryf, vyf saam met Harshin Reddy en hy doen ook sy eie weergawe van Steve Hofmeyr se Deur jou Vingers. “Ons werk al twee jaar lank aan die album en ek skaaf al vir tienjaar lank aan my skryfvernuf. My lewens- en liefdesondervinding was die inspirasie agter die lirieke en ek hoop dat luisteraars hiermee sal kan identifiseer. Elke liedjie het vir my baie spesiale betekenis, maar ek dink dat ‘Jy Sal Oorwin’ nogal gewild gaan wees omdat dit positief is en mense graag sulke liedjies wil hoor,” sê hy. Die album is nou te koop op www.marno.co.za, iTunes, Amazon, Google Play en by konserte.

Die eerste enkelsnit, Uitverkoop aan ons, is baie goed ontvang en kan gereeld oor die radio gehoor word. Dié liedjie, met musiek en liriek deur Marno, openbaar sy siening oor die liefde. Hier sing hy: “Ek sien jy skets jou storie. Moenie teken sonder my nie.”  “Liefde is iets wat nie ligtelik op geneem moet word nie, want dit is veronderstel om permanent te wees”, verduidelik hy. “Dit is amper iets soos ’n kontrak. As jy geteken het, is dit bindend. Maar vanuit ’n liefdesoogpunt is dit vrywillig bindend.” Dan gaan die liedjie voort met “hou ons storie op jou bors, ek is uitverkoop aan ons”. “Ek dink elke mens moet sy eie, unieke liefdesstorie voortdurend koester,” gee Marno sy mening, “want as jy werklik, werklik lief is vir iemand, is jy sold out aan daardie persoon.”

Marno se debuut-album, Kalm Jou Army, spog met twaalf kookwater treffers.

Vinnige Feite:

Gunsteling Tydverdryf
Om tyd saam met vriende en familie te kuier en te braai

Ander belangstellings
Gholf en rugby

Gunsteling Kos
Pizza

Gunsteling Sanger
Jon Bon Jovi

Gunsteling Akteur
John Cusack

Gunsteling Klere
Denim

Fanie Nel
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Fanie is die redaktuer en stigterslid van Afrikaanse Musieknuus. Fanie se breë kennis van musiek en verhoudings met ons land se grootste platemaatskappye soos Coleske Artists, Select Musiek, Universal Musiek en vele meer maak van hom ’n kenner op hierdie gebied vir die afgelope dekade.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.