Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Sunel: Symptome
Resensies

Sunel: Symptome

Leoné Prinsloo13 April 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Onhafhanklik (2019)

[yasr_overall_rating]

Sunel van der Linde se onafhanklike debuutalbum, Symptome wat sy onlangs uitgereik het, beloof om die simptome van liefde, seerkry, geluk, verliefwees en die lewe self te ondersoek. Hierdie talentvolle blondekop musikant se album, wat uit ’n mengelmoes van musiekgenres bestaan, is deur alledaagse gebeure geïnspireer. Dit volg op verskeie geleenthede die afgelope vyf jaar waartydens sy die verhoog met groot name in die plaaslike musiekbedryf soos Chris Chameleon, Laurika Rauch, Corlea Botha, Coenie de Villiërs, Steve Hofmeyr, Elvis Blue, Pieter Koen, Willem Botha, Bobby en Karlien van Jaarsveld gedeel het.

Die moderne album omslag, waar Sunel in gedagte op ’n winkeltrollie sit terwyl sy die verte instaar, dien as ’n voorsmakie van die emosionele nabetragting wat luisteraars op haar album kan verwag. Die titel, Symptome, haar eie nuutskepping, bestaande uit ’n vermenging van die woorde “simptome” en “symptoms”, verseker dat haar album vir Afrikaanse sowel as Engelse gehore ewe toeganklik sal wees. Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions wat dié album se vervaardiging behartig het, was saam met Darryl de Lange ook betrokke by die toonsetting van die tien oorspronklike snitte uit Sunel se eie pen.

Die eerste enkelsnit, Hart Op Jou Mou, wat hierdie album voorafgegaan het, is ’n openhartige liefdesverklaring met ’n eenvoudige produksie, waarby elke romantiese siel aanklank sal vind. Die tweede enkelsnit vanaf dié album, Hart Se Wens, is ’n sielvolle liefdesballade wat vertel hoe ‘n mens dikwels geneig is om teen jou beterwete terug te verlang na ’n gewese verhouding en gevolglik sukkel om aan te beweeg. Die derde enkelsnit, Die Waarheid Maak Seer, wat oor emosionele uitbuiting in verhoudings handel, word weergegee as ’n positiewe bemoediging dat die betrokke persoon ná die seerkry sterker aan die ander kant sal uitkom.

Die treffende debuut-enkelsnit, Fickle Heart, waarvoor sy oorspronklik bekendheid verwerf het, handel oor iemand wat herhaaldelik bly terugkeer na daardie persoon wat voortdurend met sy/haar kop smokkel en met sy/haar hart speel. Die uiters persoonlike snit, Airplanes, bied ’n outobiografiese blik op die lewe en opofferinge wat dikwels van ’n kunstenaar vereis word om sy/haar drome te kan nastreef. Ander potensiële treffers sluit in Myself In Jou Gevind, Soos ’n Dwelm, Games en Never Trust A Man. Dié album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur Sunel se treffende weergawe van Sonja Herholdt se legendariese treffer, Ek Verlang Na Jou, wat destyds deur Jan de Wet en FC Hamman spesiaal vir haar geskryf is.

Hierdie eerlike album, wat uit treffende lirieke en hoendervleismooi musiek bestaan, dien as die perfekte vertoonvenster vir hierdie Jazz-prinses om haar strelende fluweelstem asook bedrewe liedjieskryfvaardighede aan haar nuutgevonde luisteraars ten toon te stel. Hoewel Sunel se sterk Jazz en Swing aanslag in sommige opsigte aan Dean Martin, Ella Fitzgerald, Frank Sinatra en Katie Melua herinner, verteenwoordig haar album egter ’n oorkruising van genres wat binne geen boksie pas nie. Symptome met sy introspektiewe lirieke en tydlose melodieë sal beslis aanklank vind by enigeen wat al ooit die positiewe sowel as negatiewe emosies van liefdesverhoudings eerstehands ervaar het.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.