Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Resensies»Danny Smoke: Swaeltjies
Resensies

Danny Smoke: Swaeltjies

Leoné Prinsloo19 Januarie 2020
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Inhoud Huis Musiek (2019)

[yasr_overall_rating]

Die gerekende musiekvervaardiger en merkwaardige kitaarspeler, Danny Smoke, beloof met sy lang verwagte debuutalbum, Swaeltjies, om luisteraars opnuut met ander oë na die liefde en verhoudings te laat kyk. Die musikale styl van hierdie album kan hoofsaaklik beskryf word as ritmiese pop, vermeng met rock en skreeuende kitare, waaruit Danny se voorliefde vir dié instrument baie duidelik blyk. Hierdie uiters begaafde musikant het oor die afgelope vyftien jaar nie slegs verskeie bekende plaaslike kunstenaars se albums vervaardig nie, maar ook konserte soos Afrikaans is Groot en In Afrikaans se verhoë behoorlik aan die brand gespeel.

Die moderne album omslag ontwerp deur Jacques du Preez, waarop Danny in ’n leerbaadjie pryk, maak hoofsaaklik gebruik van swart, wit en grys in verskeie skakerings om sodoende ’n sensuele kontras tussen lig en donker te kan bewerkstellig. Johan Vorster van Inhoud Huis Musiek en Danny Smoke van Precision Music het as die uitvoerende regisseurs van hierdie album opgetree, terwyl Robin Kielly die finale meng van die meerderheid snitte daarop behartig het. Danny se debuutalbum word egter gekenmerk deur ’n ongelooflike energieke produksie, wat hoofsaaklik deur hom en Raymond Green op kitare gedryf word. 

Dié effens gewaagde debuutalbum, wat deur die skoner geslag geïnspireer is, bestaan uit dertien oorspronklike Afrikaanse snitte deur Johan Vorster, asook Christoph Kotzé, beter bekend as “Appel” en sy vrou, Sally-Ann. Hierdie gewilde liedjieskrywers slaag ongetwyfeld deur middel van unieke, erotiese ondertone in hulle lirieke daarin om daardie gevoelens, waaroor mense meestal nooit wil praat nie, eksplisiet te kan verwoord. Hierdie benadering blyk baie duidelik uit hulle tong-in-die-kies lirieke vir potensiële treffers soos Gaan Ons Inlê, T-Shirt, As Jy So Vir My Kyk, Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf en Trippe Trappe Trone. 

Die titelsnit, Swaeltjies, is ’n tong-in-die-kies voetstamptreffer waarin die skrywer vertel hoe hy verlei word deur ’n vrou met ’n tatoeëermerk van swaeltjies agter op haar lae rug wat tot in haar denimbroek verdwyn. Die eerste enkelsnit vanaf dié album, Jou Lippe, handel oor ’n man wat dink dat hy reeds alles in die lewe gesien, geproe en beleef het totdat ’n spesifieke vrou se lippe hom egter bo verwagting kom verras. 

Die uiters persoonlike ballade, My Weer Skoon Was, is ’n aangrypende ode waarin Danny sy verlange na sy dogtertjie, wat nie by hom bly nie, uitspreek en haar om vergifnis smeek. Hierdie album word op ’n hoogtepunt afgesluit deur Onder My Vel, Danny se duet saam met Marzanne de Beer, wat in 2012 saam met die voormalige twee Lieflinge, Corlea Botha en Zita Pretorius, die meisiegroep, De La Crème, gevorm het. 

Dié album, wat ’n goeie balans tussen betekenisvolle ballades en opgewekte kuiermusiek verteenwoordig, bied ’n vars benadering tot popmusiek. Hoewel hierdie album oor ’n goeie kombinasie van verskeie kommersiële elemente beskik, word sy musikaliteit en kreatiwiteit op geen stadium ingeboet ter wille daarvan nie. Swaeltjies met sy kitaargedrewe produksie, eerlike vertolking, erotiese lirieke en sterk melodieë sal beslis aanklank vind by enigeen, wat al ooit halsoorkop verlief of in ’n bevredigende liefdesverhouding betrokke was.

Leoné Prinsloo
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • Instagram
  • LinkedIn

Leoné het haar BA graad in Kommunikasiestudies asook Honneursgraad in Dokumentêre Videoproduksie beide Cum Laude aan die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus behaal. Verder het sy ook ’n aanlynkursus in Sosiale Mediabestuur deur Get Smarter in samewerking met die Universiteit van Kaapstad voltooi.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

80
Rinél Day: Ek Het Opgestaan
80
Nathan Smith: Here’s To The Now
80
Leah: Kyk Na My
80
Abel Knobel: Refleksies

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.