Die gewilde kuierplek, Weiveld, in die Ooste van Pretoria, gaan eerdaags Dubai toe, en jy word genooi. Vanaf 15 tot 20 Mei 2017 kan jy saam met onder andere Snotkop, Dewald Wasserfall, Leah, Arno Jordaan, Willem Botha en Mega DJ Wesley op die ultimate road trip gaan vir slegs R18 000. Jou fooi sluit die volgende in: Retoervlugte: JHB-DXB-JHB. Visa-aansoeke en -fooie. Groet-en-ontmoet op die lughawe met ’n Afrikaanse toergids. Hotelverblyf in die City Max Al Barsha-hotel (5 nagte) met ontbyt. Woestynsafari. Skemerkelkies op ’n privaat partytjieboot. Geniet die beste strandfees by Barasti. BBP-kaartjies/toegang na Kuier in Dubai #5 Gaan…
Skrywer: Redaksiespan
Kaartjies vir die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad is amptelik uitverkoop! “Ons kan net die publiek bedank vir hul getroue ondersteuning, en ons kan nie wag om hierdie produksie na Kaapstad te neem nie,” sê Arnold Coleske, organiseerder van die konsert. Afrikaans is Groot maak vir ’n vierde keer ’n draai in die Moederstad. Op Vrydag, 17 Maart en Saterdag, 18 Maart is dié konsert by Grand West Casino in Kaapstad te sien. Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel…
Op Sondag 23 April 2017 om 20:00 sal die ganse Afrikaanse musiekbedryf by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Kempton Park byeenkom om te hoor wie vanjaar as wenners uit die stryd om die gesogte Ghoema-musiekpryse tree. Die Ghoemas, vanjaar in sy sesde jaar, is die enigste onafhanklike toekennings vir Afrikaanse musiek. Ons vereer vanjaar vir die eerste keer die beste hip-hop-kunstenaars. Boonop is daar nog drie kategorieë (Publiek se Gunsteling Manlike Kunstenaar, Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar en Publiek se Gunsteling Duo/Groep) bygevoeg. Die publiek kon voorheen vir hul gunsteling-kunstenaar in alle kategorieë behalwe Album van die Jaar…
Die gewilde sanger, Bobby van Jaarsveld, vier Maandag, 6 Maart sy 30ste verjaardag, maar het sommer reeds partytjie gehou die afgelope naweek. Bobby, sy familie en vriende het met ’n hippie partytjie by Kaya Beach op Grootfontein dié mylpaal gevier. Bobby sal vandeesmaand by die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad optree, en is ook Woensdae om 20:30 in die realiteitsreeks, In Jou Skoene, op VIA (DStv-kanaal 147) te sien. Baie geluk Bobby!
KKNK-feesgangers sal verheug wees om te hoor dat opelug musiekaande terugkeer na die Rivierbuurt. Dié fees vind plaas vanaf 8 tot 15 April op Oudtshoorn. ’n Weekkaartjie bied jou toegang tot die Rivierbuurt, ’n heerlike kuierplek vir jou hele familie. Kuns- en kosstalletjies is volop, proe heerlike wyne en deli-happies in Liplekker en ontsnap van die Oudtshoorn-hitte by ’n kroeg of rusarea. Smulkos word bedien by die feesrestaurant in Hap-en-Tap. Jou kaartjie bied ook toegang tot die opelug aandvertonings op Die Huisgenoot-verhoog, wat vir die eerste keer sedert 2012 in die Rivierbuurt te sien is. Met dié kaartjie sien…
Sy klank en aanslag is onmiskenbaar eiesoortig en hy is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke en humorsin het van dag een af diep spore kom trap in die harte van sy aanhangers. Vandag is hy ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met verskeie albums, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en regisseur by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en ’n aanlynwinkel vir sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, begin. Pleidooi, die tweede enkelsnit vanaf sy splinternuwe solo-album, Hopelik, is pas uitgereik en beloof om selfs die…
Carike Keuzenkamp bekoor ons reeds 50 jaar met trefferliedjies soos Heidi, Daantjie Kat en Hoeka Toeka. En op 3 Maart 2017 vier sy haar 70ste verjaardag. Carike en haar familie gaan môre ’n rustige familiebyeenkoms hou omdat sy verkies om liewer lekker saam met ’n klein groepie mense te kuier. Veels geluk, Carike. Luister na ’n keur van Carike se musiek op Liedjie hier:
Suid-Afrika se voorste sangers is dit eens dat dit ‘n voorreg is om saam in die Moederstad te kan kom optree. “Enigiets is spesiaal in die Kaapstad, selfs Afrikaans is Groot. Ek bedoel nou nie lelik teenoor die ander plekke nie, maar Kaapstad ís Kaapstad,” se Elvis Blue. Op Vrydag, 17 Maart, en Saterdag, 18 Maart, is van ons land se beste Afrikaanse kunstenaars almal op één verhoog in die GrandWest Casino in Kaapstad te sien vir Afrikaans is Groot. Van Karen Zoid en Emo Adams in die Weste tot Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk bo in die…
Eers sien jy die baard, dan die tattoos, daarna hoor jy die stem – en jy is betower. Dís hoe baie mense hul eerste ontmoeting met hierdie opwindende nuwe kunstenaar op die Afrikaanse musiektoneel beskryf. Dan besef jy Jo Black het binne twee maande vermag wat baie ander hom beny – hy laat mense regop sit, en notisie neem. Jo verkondig ’n boodskap van hoop, ’n boodskap wat duidelik resoneer onder Afrikaanse mense van alle ouderdomme. Lees ook: Ons liedjie van die jaar is… Met die bekendstelling van sy eerste treffer, Skepe, in Desember 2016, het hy beslis nie verwag…
Wat het Franja du Plessis, Liezel Pieters en Deon Groot ingemeen? Al drie kunstenaars werk aan splinternuwe musiekvideos wat eersdaags vrygestel word. Kyk na agter-die-skerms foto’s van Franja hier: Alhoewel Franja nog nie verklap het vir watter snit die musiekvideo is nie, deel Liezel opgewonde op haar Facebook-blad die nuus: “Ek was Maandag op stel besig om my nuwe musiekvideo te skiet vir Droë Riviere!” Dié snit sal ook op Liezel se debuut-album wees, wat later in April vrygestel gaan word. Agter-die-skerms beeldmateriaal sal Vrydag, 17 Maart in ’n uitsending van die Top 20 om 20:00 op kykNET NOU! uitgesaai…