Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Afrikaans is Groot-kaartjies vir Kaapstad is uitverkoop
Nuus

Afrikaans is Groot-kaartjies vir Kaapstad is uitverkoop

Redaksiespan7 Maart 2017
Foto: Gerhard van Rooyen
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Kaartjies vir die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad is amptelik uitverkoop! “Ons kan net die publiek bedank vir hul getroue ondersteuning, en ons kan nie wag om hierdie produksie na Kaapstad te neem nie,” sê Arnold Coleske, organiseerder van die konsert.

Afrikaans is Groot maak vir ’n vierde keer ’n draai in die Moederstad. Op Vrydag, 17 Maart en Saterdag, 18 Maart is dié konsert by Grand West Casino in Kaapstad te sien.

Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel en Bok van Blerk is almal saam op één verhoog. En natuurlik wag daar ook so ’n paar ander verrassings op konsertgangers.

Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied word, en beloof jaarliks om nie net iets vir die oor te bied nie, maar ook iets vir die oog. Goeie klank, uitstekende beligting en artistieke toevoegings maak van die konsert ’n trekpleister vir oud en jonk.

“Die Afrikaanse gemeenskap in die Kaap is baie lojaal teenoor Afrikaanse musiek, daarom het ons besluit om die konsert ook daar aan te bied,” sê Coleske verder. Volgens Coleske is hierdie nie net ’n konsert nie, dit is produksie wat Afrikaanse musiek vier.

Diegene wat reeds die konsert in Pretoria bygewoon het, is vol lof. Clara Smit skryf op Facebook: “Ek was daar, dit was pragtig en die kostuums was asemrowend.”

Debbie Ferguson Schoultz het van haar laat hoor, en vertel: “Ons was daar en dit was ongelooflik, sal definitief weer volgende jaar bywoon.”

“Mense, dit is ’n belewenis. Gaan definitief weer volgende jaar,” skryf Nana Swart Abrie.

Afrikaans is Groot is Vrydag, 17 Maart om 19:00 en Saterdag, 18 Maart om 13:00 en 19:00 op die planke by die Grand West Casino.

Bly op die hoogte van Afrikaans is Groot-nuus op Facebook en Twitter en Instagram.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.