Kyk hoe vier sanger sy 30ste verjaardag

Die gewilde sanger, Bobby van Jaarsveld, vier Maandag, 6 Maart sy 30ste verjaardag, maar het sommer reeds partytjie gehou die afgelope naweek.

Bobby, sy familie en vriende het met ’n hippie partytjie by Kaya Beach op Grootfontein dié mylpaal gevier.

Bobby sal vandeesmaand by die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad optree, en is ook Woensdae om 20:30 in die realiteitsreeks, In Jou Skoene, op VIA (DStv-kanaal 147) te sien.

Baie geluk Bobby!