Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

In samewerking met GrootTunes Liani Reynolds, ’n mamma van vyf seuns het al die pad van Trompsburg tot in Pretoria gery om een van haar drome te bewaarheid. Sy het onlangs by ’n Eliah-kerkkamp ’n weergawe van Amanda Strydom se lied Pelgrimstog gesing. Die tema van dié kamp was “Jou Skeppings doel” – min wetend dat sy een stappie nader aan haar eie skeppingsdoel sal kom. Liani was nog altyd ’n sanger in haar hart, van kleins af, maar ná skool het sy arbeidsterapie studeer, en daarna haar meestersgraad in musiekterapie voltooi. Sy het egter na haar studies die droom…

Lees meer

Hooffoto: Jay Loots – Fathom Media Elkeen van ons smag die een of ander tyd na ’n nuwe begin ’n tweede kans om ons drome waar te maak. Stella se debuut solo-album, Nuwe Môre, verteenwoordig nie net die nuwe rigting waarin haar musiekloopbaan gaan nie, maar is ook iets waarby luisteraars sal aanklank vind. Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en selfs die kritieste oor in vervoering sal hê. Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat pas ’n…

Lees meer

Die musiekvideo van Bouwer Bosch se gewilde enkelsnit, Pleidooi, is op 28 April 2017 uitgereik. Net soos dié unieke kunstenaar, beloof die video – met sy kortfilmaanslag – om enig in sy soort te wees en die kyker se hart net soveel te raak soos die lirieke van hierdie sielvolle treffer.

Lees meer

Dis uit met die ou baadjie, en in met die nuwe baadjie – steeds met ons kenmerkende groen. Boonop loods ons ’n splinternuwe projek waar ons ’n kunstenaar van die maand gaan hê. Ons eerste kunstenaar is, Willem Botha. Skakel dus in dié maand om alles oor sy nuwe album Soen & Vergeet te lees, sy loopbaan en nog wat. Laat weet ons op Facebook en Twitter wat jy van ons nuwe voorkoms dink!

Lees meer

Vyf jaar! Dís hoe lank aanhangers van die sanger, aanbieder en akteur, Willem Botha, wag vir ’n nuwe album. En nou het die tyd uiteindelik aangebreek. Willem Botha se splinternuwe album, Soen en Vergeet, is pas vrygestel op iTunes. Dié album kan nou vooraf bestel word, boonop kry jy op die koop sy eerste enkelsnit en die musiekvideo daarvan. Klik hier om die album vooraf te bestel. Oor die feit dat dit so lank geneem het om weer ’n album vry te stel sê Willem: “Ek wou nooit net ’n album uitreik om ’n album daarbuite te hê nie.” “Ek…

Lees meer