Wat het Franja du Plessis, Liezel Pieters en Deon Groot ingemeen? Al drie kunstenaars werk aan splinternuwe musiekvideos wat eersdaags vrygestel word.
Kyk na agter-die-skerms foto’s van Franja hier:
Alhoewel Franja nog nie verklap het vir watter snit die musiekvideo is nie, deel Liezel opgewonde op haar Facebook-blad die nuus: “Ek was Maandag op stel besig om my nuwe musiekvideo te skiet vir Droë Riviere!”
Dié snit sal ook op Liezel se debuut-album wees, wat later in April vrygestel gaan word. Agter-die-skerms beeldmateriaal sal Vrydag, 17 Maart in ’n uitsending van die Top 20 om 20:00 op kykNET NOU! uitgesaai word.
Kyk hier na foto’s van Liezel Pieters:
Deon Groot werk weer aan ’n musiekvideo vir die liedjie, Lepellê. Dié liedjie sal beskikbaar wees op sy debuut-album, Gee My Oor.
Kyk na foto’s van Deon Groot se musiekvideo-opname hier:
