Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Nuus

Jo Black, meer as net baard en tattoos

Redaksiespan2 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Eers sien jy die baard, dan die tattoos, daarna hoor jy die stem – en jy is betower. Dís hoe baie mense hul eerste ontmoeting met hierdie opwindende nuwe kunstenaar op die Afrikaanse musiektoneel beskryf. Dan besef jy Jo Black het binne twee maande vermag wat baie ander hom beny – hy laat mense regop sit, en notisie neem. Jo verkondig ’n boodskap van hoop, ’n boodskap wat duidelik resoneer onder Afrikaanse mense van alle ouderdomme.

Lees ook: Ons liedjie van die jaar is…

Jo Black - SKEPE

Met die bekendstelling van sy eerste treffer, Skepe, in Desember 2016, het hy beslis nie verwag dat die video twee maande later al amper op een miljoen trefslae sal sit nie. Dis amper ongehoord. Maar mense het onder mekaar gepraat, die woord het versprei, en nou is Jo Black op die punt waar hy sy debuutalbum aan die einde van Maart kan uitreik. Nie net het Skepe die nommer 1 posisie op die iTunes Afrikaanse trefferslys behaal nie, maar ook op verskeie radiostasies. En dis wanneer Jo die liedjie voor ’n lewendige gehoor sing, wat jy kan sien hoe almal elke woord saamsing. Boonop geniet hy ook reeds ’n groot aanhang onder die jongklomp danksy die positiewe boodskap van sy Be That Guy –Everyday heroes optredes by meer as 170 skole.

Luister na Skepe op Apple Music:



Voor die volle album einde Maart op die rakke verskyn, stel Jo eers die tweede treffer vanaf die CD bekend.  Met die titel, Bring Die Hoop Weer Terug, is dit geen verassing dat dit ’n inspirerende liedjie is nie.  Boonop sal die liedjie onmiddellik beskikbaar wees aan almal wat die album vooraf bestel op iTunes. Bemarking van die album sal ook verseker dat almal na dese weet van Jo Black, onder andere ’n sosiale media-veldtog, ’n paar moontlike verassings, radio- en TV-onderhoude, en sy eerste KKNK optrede op 8 April 2017.  Aanhangers kan sy nuwe enkelsnit luister op Apple Music of iTunes met ’n nasionale bekendstelling op Vrydag, 3 Maart!

Kyk die video hier: 

Vir meer inligting oor wat 2017 alles vir Jo Black inhou, volg hom gerus op Twitter, Instagram en Facebook.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’
Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’
Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies
Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.