Skrywer: Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

Die gewilde sanger en TV-persoonlikheid Emo Adams en sy vrou, Michelle Gildenhuys, word oor net agt dae vir die tweede keer ouers! Ons brand al vir maande om te weet of die Adams-gesin met ’n skattige dogtertjie of seuntjie gaan uitbrei. Nou is dit amptelik! Die paartjie het so pas op Instagram aangekondig hulle verwag nog ’n seun! Lees Ook: Nóg ’n kleinding vir die gewilde sanger en aanbiede Hul eersteling, Kadar Zayn, is nou 19 maande oud. Kyk hier die oulike video van hul aankondiging: A post shared by emo adams (@emo_adams) on Mar 1, 2017 at 10:42pm PST…

Lees meer

Dewald Wassefall se album Jy Is Die Storm, het sopas goue status bereik – dis verkope van 15 000 eenhede sedert die uitreiking aan die einde van 2016. En watter meer gepaste manier is daar om dit te vier as met die bekendstelling van ’n splinternuwe treffer vanaf die album: Laat Die Lig Inkom. Luister na die snit op Apple Music hier: Volgens Dewald handel Laat Die Lig Inkom daaroor om te vergeet van die verlede se gevegte en seer, en te fokus op die toekoms. “Om die goeie in jou lewe toe te laat en afstand te doen…

Lees meer

Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens, bied die ideale klankbaan vir jou daaglikse lewe en Afrikaanse Musiek Nuus is dáár. Danksy tegnologiese vordering kan jy nou enige tyd, en op enige plek met jou slimfoon na jou gunsteling musiek luister. Byna elke Afrikaanse kunstenaar onder die son se musiek is op die app. Wat is ’n musiekstroomdiens, en waarom is dit nuttig? Dis ’n aanlyn platform wat jou in staat stel om teen ’n vasgestelde maandelikse fooi na amper enige liedjie te luister. Wanneer ’n mens musiek stroom, luister jy deur ’n internetverbinding regstreeks daarna jy laai nie die snit af…

Lees meer

“Musiekliefhebbers by vanjaar se KKNK kan ’n wye spektrum van musiek beleef – van kontemporêr en klassiek, tot kabaret en selfs ’n Afrikaanse musiekblyspel”, sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van dié fees, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. “Die musiekprogram in teaters en op die musiekverhoë bied beslis vanjaar iets vir elke smaak”, vertel sy. In teaters kan feesgangers uitsien na die eerste Afrikaanse hip-hop musiekblyspel Amper Famous, met die jong hip-hop-kunstenaar V.I.T.O., onder regie van David Kramer. Amper Famous vertel die storie van ’n jong man van ’n klein dorpie, wat groot drome droom. Dit…

Lees meer

Ná al die hoogtepunte van 2016, kan Leah sommer vroeg in 2017 nog een op die kerfstok plaas. Na ’n Ghoema, drie Huisgenoot Tempo-toekennings en die heruitreiking van haar Wonderwerk CD in Deluxe formaat, kom die nuus dat verkope van die einste album die 15 000 kerf verbygesteek het. Dis reg, goue status vir Leah se Wonderwerk Deluxe-album! Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kan word, en wat aan Leah al die toekennings besorg het, bevat die Deluxe-album treffers soos Volmaan, en ’n nuwe weergawe van Meer As Niks. En met ’n nuwe weergawe van Met Jou Klere…

Lees meer

Ná maande se harde werk is die sanger Ruan Josh uiteindelik gereed om sy debuutalbum, Eggo met die wêreld te deel. Om opwinding te skep, deel dié sanger eksklusiewe voorskoue uit van die liedjies op die album. Aanhangers moet dan die liedjies se titels raai. Die wat reg raai kan ’n getekende kopie van dié album wen. Toevallig, Ruan se eerste enkelsnit, is geskryf deur die bekroonde skrywer, Johan Oberholzer. Hy het al treffers vir onder andere, Kurt Darren, Juanita du Plessis en Nádine gepen. Kyk die musiekvideo hier. Bly ophoogte van Ruan se loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.…

Lees meer

Dis amptelik. As Fokofpolisiekar genoeg geld kan insamel teen einde April vanjaar, sal die Afrikaanse punkrockgroep in Oktober 2017 hul eerste vollengte album in tien jaar uitreik. Ofskoon die band sedertdien ’n paar kortspelers en enkelsnitte uitgereik het, was 2006 se Swanesang hul laaste vollengte album en baie aanhangers het gevrees dat dit inderdaad die groep se swanesang was. Maar presies tien jaar sedert Wynand Myburgh, die baskitaarspeler, in 2007 aan Rapport gesê het dat die groep se lede se paaie geskei het sodat hulle op individuele projekte kan fokus, het hy Vrydag bevestig dat Fokof in 2017 met mening…

Lees meer

Armand Joubert het vroeër dalk glad nie ’n klokkie gelui nie, maar ná Sondag, 19 Februarie se uitsending van The Voice SA is dié kunstenaar op almal se lippe. Hy het nie een nie, ook nie twee nie, nog minder drie maar al vier mentors verras, en elkeen het hul ikoniese “rooi knoppie” gedruk! Kyk sy oudisie-video hier: Ons inhoudskrywer, Fanie Nel, het verlede jaar met dié talentvolle kunstenaar gesels. Wie is Armand Joubert? ’n Groot dromer wat begin sing het op die ouderdom van 5, en nou op 20 is hy reg om sy musiek met die wêreld…

Lees meer

Die naam is eintlik geen vreemdeling vir Afrikaanse musiek nie. Appel, Christoph Kotzé is een van Suid-Afrika se besigste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Laurika Rauch, Bok Van Blerk, Lianie May en Dewald Wasserfall wat al treffers gehad het met liedjies uit sy pen. Maar nou betree hy die kollig onder die ander naam wat kunstenaars hom al lank voor ken: Appel. As jy al by vertonings by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees bygewoon het, het jy Appel dalk al sien optree. En na sy Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar…

Lees meer