Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. Kyk na alles

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Betify Hartenbos GrootFees 2026 nóg groter dié jaar!

    27 Augustus 2026

    Alles wat jy móét weet oor Afrikaans Oppi Platteland Kaapstad 2027

    24 Augustus 2026

    ‘Krone’ skuif terug arena toe – en dis wat jy móét weet!

    23 Julie 2026

    Francois van Coke & Vriende 2026: Gereed om geskiedenis te maak

    4 Junie 2026
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
KKNK

Beleef opelug musiekaande op die Huigenoot-verhoog by KKNK 2017

Redaksiespan6 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

KKNK-feesgangers sal verheug wees om te hoor dat opelug musiekaande terugkeer na die Rivierbuurt. Dié fees vind plaas vanaf 8 tot 15 April op Oudtshoorn. 

’n Weekkaartjie bied jou toegang tot die Rivierbuurt, ’n heerlike kuierplek vir jou hele familie. Kuns- en kosstalletjies is volop, proe heerlike wyne en deli-happies in Liplekker en ontsnap van die Oudtshoorn-hitte by ’n kroeg of rusarea.

Smulkos word bedien by die feesrestaurant in Hap-en-Tap. Jou kaartjie bied ook toegang tot die opelug aandvertonings op Die Huisgenoot-verhoog, wat vir die eerste keer sedert 2012 in die Rivierbuurt te sien is.  

Met dié kaartjie sien jy gunstelinge soos Juanita du Plessis, Kurt Darren, Dr. Victor, Theuns Jordaan, Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Rhema Varrie, Leah en vele meer. Golden Circle-kaartjies is beskikbaar vir 8 April, 9 April, 14 April en 15 April, maar ’n Golden Circle-kaartjie bied nie toegang tot die Rivierbuurt nie. 

Só lyk die Huisgenoot-verhoog se aandprogram:

Juanita, Bok en Vriende: 8 April, 17:30
Koop jou kaartjies hier.

Juanita du Plessis is vir die eerste keer in sewe jaar terug by die KKNK. Saam met Bok van Blerk wat in 2016 sy tiende jaar in die musiekbedryf gevier het, The Black Ties en nuwelinge, Jo Black, Elandré Schwartz en dubbelplatinumverkoper,
Refentse sorg hulle vir ’n heerlike kuieraand onder die Klein Karoo-sterre. 

Juanita du Plessis
Bok van Blerk
Elandré Schwartz
Refentse
The Black Ties

Theuns Jordaan en Dr. Victor: 9 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Theuns Jordaan en Dr. Victor & The Rasta Rebels, wat onlangs hul nuwe enkelsnit vrygestel het, is terug by die KKNK. Dié kunstenaars, wat saam by Afrikaans is Groot in 2012 opgetree het, sorg vir ’n onvergeetlike aand.

Theuns Jordaan
Dr. Victor

Nicholis, Elizma, The Rockets en Brendan: 10 April, 18:00
Koop jou kaartjies hier.

Nicholis Louw en Elizma Theron, is deel van die groep 4Werke wat onlangs hul nuwe album, 4Warm vrygestel het. Brendan Peyper, wie se album onlangs goue status bereik het en The Rockets is ook op die verhoog.

Nicholis Louw
Elizma Theron
Brendan Peyper
The Rockets

Emo, Kurt, Karin en Robin: 11 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Die Jou Show-aanbieder, Emo Adams, Kurt Darren wat onlangs sy jongste album ‘Sal Jy Met My Dans’ vrygestel het, Karin Kortjé en die The Voice South Africa-deelnemer Robin Pieters is op die verhoog vir ’n onvergeetlike aand in die Rivierbuurt.

Kurt Darren
Robin Pieters
Karin Kortjie

Bobby en Rhema: 12 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Die Voice South Africa-mentor, Bobby van Jaarsveld en die Idols SA-wenner, Rhema Varrie sorg vir ’n aand wat jy beslis nie kan misloop nie. Beleef hierdie vertoning saam met ons in die Rivierbuurt.

Bobby van Jaarsveld
Rhema Varie

Rymklets van Oos tot Wes: 13 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Beleef hip-hop in die Klein Karoo met van ons land se voorste kunstenaars en die wenners van die Oudtshoorn hip-hop-toekennings. Dit is die vyfde keer dat Rymklets van Oos tot Wes by die KKNK aangebied word en beloof om jou weg te voer na ’n ander persepsie oor dié kunsvorm en die kultuur van hip-hop in Suid-Afrika.

Rymklets

kykNET Jukebox: 14 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Die gewilde kykNET-program, Jukebox, kom na die KKNK. Beleef ’n aand vol heerlike musiek deur jou gasheer, Pieter Koen, wat onlangs sy nuwe album vrygestel het. Die groep BlackByrd, Refentse, Jay, die borrelende Leah en Willem Botha sluit by hom aan.

Pieter Koen
BlackByrd
Refentse
Jay
Leah

Kleurvol: 15 April, 18:30
Koop jou kaartjies hier.

Jong kunstenaars kry die geleentheid om onder mentorskap van Bouwer Bosch en Leandie du Randt Bosch hulle talente ten toon te stel in dié afsluitingskonsert vir KKNK23. Die bekende regisseur en Fiësta-wenner, Nico Scheepers behartig die aand se regie.

Leandie du Randt Bosch
Bouwer Bosch

Die volledige program is hier beskikbaar. Kaartjies kan by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home gekoop word. Verblyfbesprekings kan aanlyn gedoen word, of kontak 044 203 8600.

 

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Oud en nuut’ word gevier op 25ste KKNK-musiekprogram
Plaaslike talent op verskeie KKNK-verhoë te sien
Uiteenlopende musiekstyle by KKNK te sien
KKNK se 24ste feesprogram prikkel kunskierigheid

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

Droomsindroom vier die mense wat lig bring met ‘Vir Die Son’

18 September 2026

Kurt Darren en Zaan Sonnekus blaas nuwe lewe in ikoniese ‘Meisie Meisie’

18 September 2026

Franja du Plessis vier 10 jaar – hier’s 10 van haar gewildste liedjies

17 September 2026

Dian Roux stel rou, emosionele nuwe enkelsnit bekend

14 September 2026

Wat jy onthou, het sy vergeet – Fran Prins stel ‘Jy Onthou Nie’ bekend

14 September 2026

Tik hier bo en druk Enter om te soek. Druk Esc om te kanselleer.