Die langverwagte musiekvideo van die groep, Kaleidoskoop, getiteld Wegbreek is uiteindelik hier. Lees meer oor hul album, waarop dié liedjie gaan verskyn.
Skrywer: Redaksiespan
Die sanger, Brendan Peyper, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Vanaand Sê Ek Net Ja. Dié snit is die eerste van vele vanaf sy splinternuwe album wat eersdaags die winkelrakke tref. Sedert Januarie vanjaar is hy besig om aan dié album te werk. “Ek het uitstekende medeskrywers wat saam my skryf, onder andere Neil Schoombee en Kosie van Niekerk, maar twee van die liedjies het ek self gepen,” sê Brendan. Luister na ’n voorsmakie van dié snit: “Ons skiet ook die musiekvideo van die liedjie vroeg in Maart, maar voor dit moet ons nog so agt snitte klaar maak,”…
Die gewilde sangeres, Andriëtte Norman en haar man, Glynn het vandag hul seuntjie in die wêreld verwelkom. Dié kleinding wat, Graham Harold Moolman, heet is vanmiddag net ná 12:00 gebore, en 3.96kg by geboorte geweeg. Andriëtte het by ’n Facebook boodskap geskryf: “Dankie Liewe Jesus vir hierdie wonderwerkie.Niks kan die gevoel “beat” nie.xxx” Sy het die geslag van die kleinding in September 2016 op haar Facebook-blad gedeel met ’n sonar foto. Haar man, Glynn, het reeds ’n kleuterseun uit ’n vorige verhouding. Die Kaapse paartjie is in 2015 getroud.
Die sanger Gerhard Steyn het ’n spesiale musiekvideo opgedra aan sy ‘klein valentyn.’ Kyk na oulike foto’s van dié gesin hier. Hy het in ’n Facebook-boodskap geskryf: “Ons ‘Klein Valentyn’ Zardi, is vandag 10maande oud! Sy het ons 2 maande vroeg verras, was 1.2kg met geboorte (noodkeiser), en was net langer as ’n maand in I.C.U.” In dié musiekvideo getiteld, Nooit Alleen, kan beeldmateriaal van Zardi se geboorte gesien word. Dit volg uiteindelik die pad tot waar sy vandag is. Kyk die video hier: “Sy was so klein dat my trouring gemaklik oor haar hand tot op haar bo arm…
Kyk, Karlien van Jaarsveld ken nie so iets soos stilsit nie. Bewonderaars kan hul maar gereed maak vir splinternuwe musiek van die bekroonde sangeres met ’n nuwe liedjie met, Sing vir Liefde, wat reeds die lig gesien het. Lees ook: Afrikaans is Groot gaan groot in Kaapstad Die liedjie en die musiekvideo daarvan is reeds 10 Februarie 2017 eksklusief op Apple Musiek geloods, waarna dit ook later aanlyn te sien sal wees. Sing vir Liefde sal op Valentynsdag vir die eerste keer op verskeie radiostasies landswyd gehoor kan word. Koop die enkelsnit hier. Ná die sukses van haar vorige albums…
Ná elf uitverkoopte Afrikaans is Groot 2016 vertonings in Pretoria, maak dié gewilde konsertreeks ’n draai in die Moederstad – vir ’n vierde keer. Op Vrydag, 17 Maart en Saterdag, 18 Maart is dié konsert by Grand West Casino in Kaapstad te sien. Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel en Bok van Blerk is almal saam op één verhoog. Natuurlik wag daar ook so paar ander verrassings op konsertgangers. Afrikaans is Groot is ’n musiekkonsert wat sedert 2012 aangebied…
Kyk hier na die musiekvideo vir Joshua na die Reën se liedjie “Die Wêreld Binne My”.
Die lang wag is uiteindelik verby! Francois van Coke se tweede album, Hierdie is die Lewe, word op 2 Februarie 2017 uitgereik. Twee musiekvideo’s vir dié album is alreeds vrygestel: “Mensdom”, om die groep Die Gevaar voor te stel, en “Klein Prys” – Francois se ode aan Fokofpolisiekar. Beide dié titels is ook beskikbaar op 7” vanaf Permanent Record. “Klein Prys” handel oor die nalatenskap wat Fokofpolisiekar deel, en die moelike tye wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Volgens Francois is dit sy huldeblyk aan dié groep. “Mensdom”, die eerste musiekvideo vanaf Hierdie is die Lewe, is…
Dis onmoontlik om te dink dat dit reeds vyf jaar is sedert Willem Botha se album My Stem Is Joune, die lig gesien het. Maar moenie dink dié sanger het net stil gesit nie. Oor die laaste vyf jaar was hy op die verhoog te sien in die musiekblyspele, Tree Aan en Altyd In My Drome, sy passie vir fotografie het uitgebrei, hy het sy aanbiederskoene aangetrek vir die kykNET NOU-program, chat NOU, en tree steeds by verskeie feeste en geleenthede reg oor die land op. Willem is egter terug in die studio, en het bevestig dat hy ’n platekontrak…
“Die program van die 23ste KKNK beloof vanjaar ’n belewing vir almal, met opwindende debuutwerk in alle genres en gewilde produksies van ander speelvakke wat vir die eerste keer in die Klein Karoo te sien is.” Só sê Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, wat van 8 tot 15 April op Oudtshoorn aangebied word. Daar is 12 debuut musiekproduksies. Karen Zoid en die Gereformeerde Blues Band trek ’n kontemporêre baadjie vir die monumentale Eet Kreef-album aan. Coenie de Villers en sy musikante bring in Karoo Suite komposisies van sy nuwe album na die verhoog en ’n splinternuwe komposisie, die…