Close Menu
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    • Afrikaans is Groot
    • Krone
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
TikTok Instagram Facebook WhatsApp X (Twitter)
TikTok Facebook Instagram WhatsApp X (Twitter)
Afrikaanse Musieknuus
  • TUIS
  • NUUS
  • FEESTE EN KONSERTE
    1. Afrikaans is Groot
    2. Krone
    3. View All

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Afrikaans is Groot 2025: Die grootste historiese konsert nóg!

    25 Maart 2025

    Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

    27 Maart 2024

    Die GrootJol toer die land plat in 2023!

    2 Maart 2023

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025

    Talle nuwe gesigte by dié jaar se Krone-konsert

    26 Januarie 2025

    ‘Krone’ weer op Loftus vanjaar!

    9 April 2024

    Maak gereed vir ‘Krone’ op Loftus!

    14 Februarie 2023

    Liefde by die Dam vier 10 jaar met ’n wêreldklas Super Mega Bonanza

    20 April 2026

    Afrikaans is Groot maak wéér geskiedenis!

    2 April 2026

    Super Mega Bonanza: 10 jaar van ‘Liefde By Die Dam’

    26 Februarie 2026

    SIA se Charmaine se derde jaar by ‘Krone’: ’n Onvergeetlike musiekervaring

    15 September 2025
  • TOEKENNINGS
  • RESENSIES
  • KONTAK ONS
    • Gesels met ons
    • Privaatheidsbeleid
    • Adverteer
    • Deel jou geleentheid
Afrikaanse Musieknuus
Home»Nuus»Bouwer Bosch ’n man van vele talente
Nuus

Bouwer Bosch ’n man van vele talente

Redaksiespan6 Maart 2017
Deel
Facebook WhatsApp Telegram Twitter Copy Link

Sy klank en aanslag is onmiskenbaar eiesoortig en hy is ongetwyfeld een van die uniekste talente wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke en humorsin het van dag een af diep spore kom trap in die harte van sy aanhangers. Vandag is hy ’n gevestigde naam in die vermaaklikheidsbedryf met verskeie albums, TV- en fliekrolle op sy kerfstok. Hy het ook onlangs TV-aanbieder en regisseur by sy, reeds indrukwekkende, CV gevoeg en ’n aanlynwinkel vir sy liefdadigheidsorganisasie, Liefde Wen, begin.

Pleidooi, die tweede enkelsnit vanaf sy splinternuwe solo-album, Hopelik, is pas uitgereik en beloof om selfs die kieskeurigste oor tevrede te stel. Hierdie alternatiewe popliedjie – ’n gesamentlike poging deur Bouwer, Almero Welgemoed, William Loots, Matthieu Auriacombe en Peach van Pletzen – is ’n mengsel van rou hartslirieke en interessante elektroniese elemente, wat die luisteraar van die begin af sal boei. “Die liedjie gaan oor daardie een persoon wie se liefde jy nie verdien nie. Liefde is kompleks, maar is iets wat almal kan gee en ervaar. Die koorgedeelte het nie lirieke nie, wat dalk vir almal vreemd mag wees aan die begin, maar ek wou graag iets nuut probeer. Die genre, wat ek oor die algemeen aanpak, is maar iets wat ek soms voel is nog nie gedoen nie”, sê hy.

Luister na dié snit op Apple Music:

Sy album, Hopelik, is onlangs vrygestel en het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie. Hy beskryf dit as weerloos en hoopvol. “Ons almal sê ten minste vyf keer per week ‘hopelik’. Die album gaan oor hoe jy soms jou drome en idees in ander faktore, buiten jouself, se hande sit. Ons sal ‘hopelik’ by ons drome uitkom eendag, maar ek voel dat ’n mens dinge in jou eie hande moet vat en dit self moet maak werk,” verklap hy. “Die album is lekker divers, van die temas is dieper as ander en ons wou vir ’n klank gaan wat nie so plaaslik is nie.” Die titelsnit, wat in 2016, uitgereik is, is reeds baie goed ontvang.

photo

Alhoewel sy gunsteling-aanhaling oor musiek: “Don’t bore us, get to the chorus”, is, het die bedryf waarin hy werk hom geleer dat goeie dinge tyd vat. Hy het nog baie planne vir die toekoms, maar vat elke projek soos dit kom. Sy nuwe album en enkelsnit is ’n goeie getuigskrif van hoeveel hy die afgelope paar jaar gegroei het as mens en kunstenaar. Dit is maar net ’n voorsmakie van wat ons nog in die toekoms van hierdie talentvolle ster kan verwag.

Bly op die hoogte van sy loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram, en besoek sy webblad.

Redaksiespan

Die redaksiespan maak keuses oor wat, wie en waar op die webblad moet gebeur.

JY SAL OOK HIERVAN HOU:

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte
Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’
Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo
SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

Teken in op ons nuusbrief

Ontvang die jongste musieknuus in jou e-posbus.

‘Hemel Op Tafelberg’ kry nuwe lewe: Kurt Darren en Spoegwolf snoer kragte

24 April 2026

Zaan Sonnekus en Tasché tref diep met kragtoer duet ‘Dood’

24 April 2026

Francois van Coke onthul nuwe enkelsnit en droomagtige musiekvideo

23 April 2026

SKEUR breek grense met rou, eerlike debuut-EP

21 April 2026

Bibi betower met nuwe liefdesballade ‘Dromers’

17 April 2026

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.