Gerhard Steyn deel skattige foto’s van sy dogtertjie

Die Afrikaanse sanger, Gerhard Steyn, het die mooiste foto’s van sy 7 maande oue baba dogtertjie en vrou gedeel.

“Vandag 7 Maande terug het ons klein Prinses geveg vir haar lewe.. maar met gebed en GOD se genade is sy gesond en besig om ons lewens op soveel maniere in te kleur.. n bondeltjie liefde. Wat ‘n voorreg is dit dat die VADER ons as haar ouers gekies het,” het hy op Facebook geskryf.

Vroeër vanjaar het Huisgenoot berig dat dié paartjie die eerste vyf weke van hul kind se lewe tussen die hul huis in Boksburg en die hospitaal in Pretoria se hoësorgeenheid spandeer het.

Die paartjie het vertel dat Zandi net 1.2 kg geweeg het toe sy gebore was op 33 weke op 14 April.

 

Alle foto’s: Gerhard Steyn Facebook