Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Die ster van Stilfontein reik eerste enkelsnit uit

Hy was alombekend as Stilfontein op die eerste seisoen van The Voice SA. Jy het reg geraai dis die nimlike Almur Marais wat deel was van Karen Zoid se span.

Hy het pas sy eerste enkelsnit Sterre Oor Stilfontein uitgereik op die aanlyn musiekwinkel, iTunes. Dié snit met sy gepaste titel beloof om weer heel bo aan die ranglys te pronk.

almur-cover

Klik hier om Sterre Oor Stilfontein op iTunes te kry

Almur was ook vroeër vandeesmaand op die gewilde kykNET-program, Republiek van Zoid Afrika te sien. Tydens dié program het Karen aan hom ’n kitaar besorg.

Ná hul geselsie het hulle die liedjie Vloek Van Die Kitaar/Thunderstruck gesing. Kyk die video hier onder.

Bly ophoogte van sy loopbaan op Facebook, Twitter en Instagram.